Boodskap vir Vandag

Search

Klein vissies

Hy het toe vir hulle gesĂŞ: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak” – Markus 1:17. Die mense van die Bybelse tye het die see goed geken. Daarom was seesimbole nie vir hulle vreemd nie. Terwyl Jesus langs die See van Galilea loop, het Hy Simon en sy […]

Kyk ver

Die stem van die Here weerklink oor die waters. Dit is die magtige God wat die weer laat dreun; die Here self is op die groot waters! – Psalm 29:3. God gee perspektief. Wanneer ek verstrengel raak in allerlei dinge wat my aandag van my roeping aflei, vra God my om met die trappe tot […]

Aanbouings

Dink daaraan hoe ver julle al agteruitgegaan het. Bekeer julle en doen weer wat julle in die begin gedoen het. Anders, as julle julle nie bekeer nie, kom Ek na julle toe en sal Ek julle lamp van sy plek af wegvat! – Openbaring 2:5. Daar word vertel van ’n vissergemeenskap wat aan ’n rotsagtige […]

Klein venstertjies

Die Here is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom in opregtheid aanroep. Aan diĂ© wat Hom dien, gee Hy wat hulle vra, Hy hoor as hulle om hulp roep, en Hy red hulle – Psalm 145:18-19. Tydens ’n besoek aan Paternoster wys die eienaar van ’n vissermanshuis teenaan die see vir ons die […]

Altyd daar

Jesus Christus bly steeds dieselfde – gister, vandag en vir altyd! – HebreĂ«rs 13:8 (Nuwe Lewende Vertaling). Toe een van ons seuns op 16 jaar die geleentheid kry om twee weke lank alleen Londen toe te gaan, was hy uit sy vel van opgewondenheid, maar terselfdertyd skrikkerig. Dit was in die dae voordat selfone so […]

Vaste baken

God is vir ons ’n toevlug en ’n beskerming; Hy was nog altyd bereid om te help in nood. Daarom is ons nie bang nie, al gee die aarde pad, al skuif die berge tot in die dieptes van die see, al druis en skuim die waters van die see, al skud die berge deur […]

Kyk! ’n Vuurtoring!

DĂ­t is nou die boodskap wat ons by Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. As ons beweer dat ons aan Hom deel het, en ons lewe in die duisternis, lieg ons en handel ons nie volgens die waarheid nie. Maar as ons in […]

Woestyn, my eindbestemming

Die Here gaan voor julle uit, die God van Israel kom agter julle aan – Jesaja 52:12b. Ek woon ’n vriendin se gedenkdiens by. Sy was ’n boorling van die Boesmanland. In hierdie uitgestrekte wĂŞreld met sy klipkoppies, droĂ« bossies en sandduine kon haar hart altyd tot rus kom. DiĂ© ongenaakbare wĂŞreld was by uitstek […]

Toe en nou

“’n Dief kom net om die skape te steel en te slag en dood te maak. Ek is nie so nie. Ek het gekom sodat die skape kan lewe, sodat hulle regtig kan lewe” – Johannes 10:10 (Bybel vir almal). Ons raak so maklik gewoond aan ons woestynbestaan. Ons kyk nie verder as ons BedoeĂŻenetent […]

Onverwags – lewe!

Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered! Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom ’n plek in die hemel gegee – EfesiĂ«rs 2:5-6. In ’n […]

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.