Nog ’n kans vir ’n twyfelaar

Lees Johannes 20:26-31. En Tomas sê vir Hom: “My Here en my God!” (v 28). Tomas, daardie dissipel wat so bekend is vir sy twyfel, is eintlik nader aan ons as wat ons dink. Ja, dis mos hy wat nie daar was op die eerste Sondagaand toe Jesus aan sy dissipels verskyn het nie. Daarom […]
Bly in Jesus

Lees Johannes 15:1-8. “Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte” (v 5). Wil jy nie ’n paar oomblikke alles waarmee jy besig is eenkant sit nie? Beantwoord die volgende paar vrae eerlik: As jy jouself eerlik in die Here se spieël beloer, sien jy dalk ’n onaangename prentjie. Ek moet erken, […]
Die beste erfporsie ooit!

Lees Johannes 14:27. “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle” (v 27). Wat ’n erfporsie kry ons uit Jesus se hand! Vrede! Dis wat Hy aan ons nalaat. Weet jy, jou eerste erfporsie is baie sleg! Jy is met ’n slegte agterstand gebore. Hier is die besonderhede: Jou oeroupa, Adam, […]
Sterf om te leef

Lees Johannes 12:20-26. “Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit” (v 25). Om Jesus te volg is geen grap nie. Dit vra dat jy beheer oor jou eie lewe opoffer! Ons wil graag in beheer van sake wees. Navolging van Jesus beteken egter dat ons beheer verloor, dat ons nie meer die ritme van […]
Hoe ver is jy bereid om te volg?

Lees Johannes 11:1-16. “Kom ons gaan ook, sodat ons saam met Hom kan sterwe” (v 16). ’n Ongelowige het op ’n dag vir ’n sendeling gesê hy wil eers ’n maand lank by hom bly om te sien of sy geloof werk. Wat sal jy doen as iemand so iets vir jou sê? Sal mense […]
Gryp die regte oomblik aan

Lees Johannes 7:1-9. Selfs sy broers het nie in Hom geglo nie (v 5). Die lewe gaan by ’n mens verby terwyl jy ander dinge beplan! Of hoe? Kom ons wees eerlik: Die lewe verloop nie aldag soos ’n mens dit beplan het nie. Dit laat jou dalk voel asof jy ’n mislukking is, maar […]
Waarheen, behalwe na U toe?

Lees Johannes 6:66-71. “Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde wat ewige lewe gee” (v 68). Elke keer as ek Johannes se Evangelie lees, kry ek koue rillings, veral wanneer ek Petrus vir Jesus hoor sê dat Hy die ewige lewe op sy lippe het. Ja, Jesus se taal is lewe. […]
Drink die regte water

Lees Johannes 4:13-14. “Wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie” (v 14). Water is lewe. Sonder water sterf ons van die dors. Die bekende navorser Abraham Maslow het alle menslike behoeftes met behulp van ’n hiërargiese piramide uitgebeeld, met ons basiese behoeftes aan […]
Jy kan nie anders as om te praat nie!

Lees Johannes 1:36. “Dáár is die Lam van God!” (v 36). Johannes die Doper se enigste passie was om God te dien. Daarom het hy Jesus dadelik herken as God se Seun en kon hy eenvoudig nie stilbly oor Jesus nie, al het dit beteken dat sommige van sy dissipels hom verlaat het om agter […]
Tot aan die einde toe getrou

Lees Lukas 23:1-12. “Herodes en sy soldate het Hom toe met veragting behandel” (v 11). Jesus se Via Dolorosa was verskriklik. Dit was vernedering op vernedering! Skaars het hy voor Pilatus, die Romeinse goewerneur, verskyn, of hy moes Herodes Antipas, die prins van Galilea, aandurf. Hierdie seun van die berugte Herodes die Grote was die […]