Boodskap vir Vandag

Search

Die pad van wysheid

Terwyl die pad van die regverdiges is soos die lig van die mĂŽreglans, wat al helderder word tot die volle dag toe, is die weg van die goddelose soos duisternis: hulle weet nie waaroor hulle sal struikel nie – Spreuke 4:18 (1933/1953-vertaling). God het alles volmaak geskep. Hy is wysheid. Volkome. Smetloos. Soewerein. Allesomvattend. Deur […]

Lig en lewe

“En so kom die skeiding: die lig het na die wĂȘreld toe gekom, en tog het die mense eerder die duisternis as die lig liefgehad, want hulle dade was sleg. Elkeen wat kwaad doen, haat immers die lig en kom nie na die lig toe nie, sodat sy dade nie aan die kaak gestel moet […]

Goedertierenheid

Ek sal die goedertierenhede van die Here prys, die roemryke dade van die Here, ooreenkomstig alles wat die Here aan ons bewys het [
] na sy barmhartighede en na die grootheid van sy goedertierenhede – Jesaja 63:7 (1933/1953-vertaling). Die Engelse woord vir “goedertierenheid” is “lovingkindness”. “Goedertierenheid” word in die HAT as “barmhartigheid” en “lankmoedigheid” omskryf. […]

Ek kom self reg, dankie!

“Dan sal ek vir myself sĂȘ: ‘Mens, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare. Hou op met werk: eet, drink en leef lekker’” – Lukas 12:19. Dikwels, wanneer dit met iemand voorspoedig gaan en hy ’n rustige lewe sonder teenspoed of krisisse lei, dink hy dat hy God glad nie meer nodig […]

Groter as God

Die dwaas dink daar is geen God nie. Dwase mense vernietig alles; wat hulle doen, is ’n gruwel vir God. Daar is nie een wat goed doen nie. Van die hemel af kyk God die mense deur om te sien of daar één verstandige is, één wat na die wil van God vra – Psalm […]

Gelukkige eindes

Vir die regverdiges lĂȘ daar vreugde voor; die goddeloses het geen toekoms nie – Spreuke 10:28. Ons begeer gelukkige eindes. Ons lees boeke waarin die held en die heldin mekaar uiteindelik vind en lank en gelukkig saamleef. Ons kyk flieks waarin die goeie die bose oorwin en ons voel weer goed oor die lewe. Tog […]

Almal wat dors het

Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook diĂ© wat nie geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk. Waarom betaal julle vir iets wat nie brood is nie, waarom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie? […]

Gesteelde water is soet

Dwaasheid is soos ’n vrou wat luidrugtig bly klets, stadig van begrip en sonder kennis van sake. Sy sit by haar voordeur, haar stoel staan op die hoogste plek in die stad, en sy roep na diĂ© wat verbykom, elkeen besig om sy gang te gaan: “Draai af hiernatoe, almal wat nog onervare is!” Sy […]

Linkerhand en regterhand

“As jy byvoorbeeld armes help, moet dit nie uitbasuin nie. Dit doen die skynheiliges in die sinagoges en op straat, sodat mense met lof van hulle kan praat. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg. Nee, as jy iets vir die armes gee, moet jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen […]

Erkentlikheid

Hou ’n weldaad nie terug van hom aan wie dit toekom as dit in jou mag is om dit te doen nie – Spreuke 3:27 (1933/1953-vertaling). Eers wanneer ek iets van God se absolute goddelike almag verstaan, begin ek verstaan wie ek is, en wie ander is. Ekself skuif uit fokus en ander mense en […]

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.