Leef stroomop

Lees 1 Petrus 4:4. Nou vind die heidene dit vreemd dat julle nie langer met hierdie stroom van losbandigheid saamgaan nie (v 4). Dit is maar moeilik om in hierdie harde wêreld te oorleef. Gelukkig wag daar ’n ander wêreld op gelowiges. Daar geld ander waardes. Mense se waarde word nie daar gemeet aan hulle […]
Moenie babas bly nie

Lees 1 Petrus 2:2. Soos pasgebore kindertjies smag na melk, moet julle smag na die suiwer geestelike melk (v 2). Geestelike leiers kla dat hulle deesdae omtrent al hulle tyd afstaan om geestelik onvolwasse kerklidmate ten dienste te wees. Ja, party lidmate is die mees eiegeregtige mense aan wie jy kan dink. Hulle is ’n […]
Wees suksesvol op die regte plekke

Lees Lukas 12:22-34. “Moenie bang wees nie, klein kuddetjie, want dit was die wil van julle Vader om die koninkryk aan julle te gee” (v 32). Die kerk is vandag gans te suksesvol op die verkeerde plekke! Daar word te veel gefokus op materiële gewin. Jesus het nooit bedoel dat die kerk in wêreldse terme […]
Gaan voluit vir 100% sukses in die koninkryk!

Lees Matteus 13:1-9. “’n Saaier het eendag gaan saai” (v 3). Saad is ’n snaakse ding. Dit groei gewoonlik op enige plek. Gee dit net ’n stukkie grond, dan kom dit gou-gou op. Die probleem is egter dat dinge soos dorings en onkruid dit ook weer maklik doodgroei. En dat saad glad nie lank hou […]
Op verrassende maniere ontdek jy die Waarheid

Lees Johannes 21:1-7. Die dissipel vir wie Jesus baie lief was, sê toe vir Petrus: “Dit is die Here!” (v 7). ’n Mens loop die Here nie net Sondae in die kerk raak nie. Trouens, as jy die statistieke lees, kom net sowat 7% mense in kerkdienste tot bekering. Die meeste ander loop die Here […]
God se krag is aanwesig; sien dit raak

Lees Levitikus 9:5-6. “Dan sal die magtige teenwoordigheid van die Here aan julle geopenbaar word” (v 6). Partykeer lees ons belangrike tekste in die Bybel mis, soos hier in Levitikus 9. Net nadat Aäron en sy seuns ’n week lank afgesonder was by die ingang van die tent van ontmoeting, het Moses hulle en die […]
Wees ’n getuie vir God

Lees Genesis 19:14. Lot het toe vir sy aanstaande skoonseuns gaan sê: “Kom uit hierdie plek uit, want die Here gaan hierdie stad verdelg” (v 14). Die slegste ding wat ooit met jou kan gebeur, is dat ander mense jou nie ernstig opneem as jy met hulle oor die Here praat nie. Dit het met […]
Praat!

Lees Handelinge 7:17-29. “Hy het gemeen sy mense sou begryp dat God hom wou gebruik om hulle te red” (v 25). Stefanus was een van die sewe manne wat deur die apostels aangewys is om die armes te versorg en te help met die verkondiging van die evangelie. Hy was vervul met die Gees. Vreesloos […]
Wys jy heiligheid?

Lees Deuteronomium 11:1-32. “Julle moet die Here julle God liefhê en altyd sy opdragte gehoorsaam” (v 1). Hoe heilig is jy? Ek waag dit om namens jou te antwoord: “Nee, ek maak dit nie. Gaan vra eerder daardie toegewyde sendelinge en predikers. Hulle is heilig, nie ek nie.” Hoor hier, jy is verkeerd. Jy bely immers […]
Groei geestelik

Lees 2 Petrus 1:5. En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid (v 5). Verbeter die gehalte van jou geloof, sommer vandag nog. Dit is nie maar net ’n goeie voorstel van die apostel nie, maar ’n Goddelike bevel. Maar hoe doen ’n mens […]