Boodskap vir Vandag

Search

Dit is jóúne!

Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle “ ja”, daarom sĂŞ ons deur Hom “amen” aan God, tot sy eer – 2 KorintiĂ«rs 1:20 (2020-vertaling). God is ’n waarmaker van sy Woord. Ons mag nooit aan sy beloftes twyfel nie. Ons word daagliks met kwessies gekonfronteer waarvan ons nie […]

Op Wysheid se drumpel

“Gelukkig is die mens wat na my luister deur dag ná dag by my deure te waak, by die kosyne van my ingange wag te hou. Ja, wie my vind, het die lewe gevind; hy geniet die goedkeuring van die Here” – Spreuke 8:34-35 (2020-vertaling). Wysheid nooi ons elke dag om op die drumpel van […]

’n Sierlike kroon

“Die wysheid kom eerste. Sorg dat jy wysheid bekom, gee alles wat jy het om insig te kry! Slaan dit hoog aan, dan sal dit aan jou aansien gee. Dit sal jou ’n man van betekenis maak as jy dit vasgryp. Dit sal jou lewe versier, dit sal vir jou ’n sierlike kroon wees” – […]

Hoeveel is genoeg?

Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae – Psalm 23:6 (1933/1953-vertaling). Genoeg is oorvloed. Dit is nodig om dit te weet en te verstaan. En heelhartig te glo. Maar hoeveel is genoeg? Mag ek nog […]

My beker loop oor

U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teĂ«standers; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor – Psalm 23:5 (1933/1953-vertaling). Kleintyd was die heel mooiste woorde van die ou Psalm 23 vir my “my beker loop oor”. In my gedagtes kon ek sien hoe God die bekertjie in my hande […]

Oorvloed

Dit is Hy wat al my sonde vergewe, wat al my siekte genees, wat my red van die graf en my met liefde en ontferming kroon, wat my die goeie in oorvloed laat geniet, my die jeugdige krag van die arend skenk – Psalm 103:3-5. Ons bidgroepie gesels oor God se oorvloed. Ons herroep gebedsversoeke […]

Net genoeg. Net betyds.

Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – Psalm 103:1-2 (2020-vertaling). Sendelinge getuig dikwels oor hoe die Here in die kleinste detail vir hulle sorg. Net genoeg. Net betyds! Ons hoor van ’n […]

Afhanklik

“Gelukkig is almal wat van God se goedheid en sorg afhanklik is. Hulle sal definitief ’n plek kry in sy nuwe wĂŞreld” – Matteus 5:3 (Die Boodskap). Die oorspronklike Grieks van bogenoemde lui: “Gelukkig is die armes in die gees, met ander woorde diĂ© wat nie vol van hulleself is nie.” Dit gaan in die […]

Gee skiet

Laat wat jy doen, aan die Here oor, dan sal jou voornemens geluk – Spreuke 16:3. ’n Wyse mens besef wanneer iets ’n vervaldatum bereik en dit tyd is om te groet, ’n sekere boek toe te maak en aan te stap. Dit kan ’n lewensfase, ’n verhouding, ’n droom of selfs ’n vriendskap wees. […]

God wat wag

’n Mens kry sy gedagtes agtermekaar, maar die antwoord van die tong kom van die Here – Spreuke 16:1 (2020-vertaling). Ons weet dat God nie altyd dadelik ons gebede beantwoord nie. Hy wil ons leer om op Hom te wag. Soms gebeur die teenoorgestelde: God wag vir Ăłns. Hy het tyd, want Hy is die […]

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.