Boodskap vir Vandag

Search

’n Tameletjie!

Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief – 2 Korintiërs 9:7. Vir sommige van ons is die opdrag om ’n tiende van ons gawes en besittings aan God te gee ’n tameletjie. In ons gedagtes loop ons […]

Besittings

“Van U kom rykdom en eer. U heers oor alles. Mag en krag word deur U geskenk, en dit berus by U om enigiemand groot en sterk te maak. Alles kom tog van U af en ons gee aan U wat ons van U gekry het. Net soos al ons voorvaders is ons by U […]

My kosbare teekoppies

Want wie is ek en wie is my volk dat ons die vermoë sou hê om sulke gawes te bring? Alles kom tog van U af en ons gee aan U wat ons van U gekry het – 1 Kronieke 29:14. Tydens ’n kuier by ’n bejaarde vrou haal sy ’n houtkissie uit haar kas. […]

My werk, my rentmeesterskap

“Toe kom die een met die twee goue muntstukke en sê: ‘Meneer, twee goue muntstukke het u aan my toevertrou. Hier is dit met twee ander wat ek wins gemaak het.’ Sy eienaar sê toe vir hom: ‘Mooi so! Jy is ’n goeie en getroue slaaf. Oor min was jy getrou, oor baie sal ek […]

Net nog ’n rukkie

Nadat hy daarvandaan af weggegaan het, kry hy vir Elisa seun van Safat besig om te ploeg met twaalf spanne van twee, terwyl hy self by die agterste span geloop het. Toe Elia by hom verbyloop, gooi Elia sy mantel op hom – 1 Konings 19:19. Iemand met ’n topposisie in die samelewing, sakewêreld of […]

Goue munte

“Hy het sy slawe bymekaargeroep en sy besittings aan hulle toevertrou. Vir een het hy vyf goue muntstukke gegee, vir ’n ander twee, en vir ’n derde een. Hy het aan elkeen volgens sy bekwaamheid gegee en toe op reis gegaan” – Matteus 25:14b-15. Ek is ’n rentmeester van die gawes en talente wat God […]

Opsigter

Die ministers en die goewerneurs-generaal het toe iets teen Daniël probeer kry oor die manier waarop hy die administrasie behartig het, maar hulle kon nie. Hulle kon ook geen onreëlmatigheid vind nie, want Daniël was betroubaar en was aan geen nalatigheid of onreëlmatigheid skuldig nie – Daniël 6:5-6. ’n Rentmeester word aangestel as toesighouer en […]

Die water loop hier verby

Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en dié wat daar woon, alles behoort aan die Here, want Hy het die fondamente daarvan in die see gelê en dit stewig gevestig in die waters – Psalm 24:1-2. Ek besoek ’n egpaar op hul plaas in die Jonkershoekberge naby Stellenbosch. Ek klim uit met […]

Groen hoop

Die woestyn, die dor land, sal jubel, die droë wêreld sal juig, oortrek met affodille; hy sal in volle bloei staan, hy sal juig en sing, hy sal die prag van die Libanon hê, die skoonheid van Karmel en Saron … Die verskroeide aarde sal ’n moeras word, dorsland waterryke wêreld. Waar daar nou net […]

Begin by die voordeur

“En aan die gelowiges, dié wat U vrees, klein en groot, word hulle loon gegee; en dié wat die aarde vernietig, word vernietig” – Openbaring 11:18b. Ons sintuie voed ons gees. Ons moet mooi dinge kan sien, hoor, ruik en op ons vel voel. Ons word daagliks met soveel verval gekonfronteer dat ons gemoed dikwels […]

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.