Boodskap vir Vandag

Search

’n Dissipel van die liefde

“Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly. As julle my opdragte uitvoer, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader uitvoer en in sy liefde bly. Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhĂŞ soos Ek julle liefhet” – Johannes […]

Moeilike opdrag

“Maar Ek sĂŞ vir julle: Julle moet julle vyande liefhĂŞ, en julle moet bid vir diĂ© wat vir julle vervolg” – Matteus 5:44. Ons dink aan ons vyande as mense wat ons kwaadgesind is, dalk wetteloos lewe of ons persoonlike leed berokken het. Jou natuurlike reaksie is om wrewelrig en haatdraend teenoor so iemand te […]

Vurige kole

As jou vyand dan honger het, gee hom iets om te eet; as hy dors het, gee hom iets om te drink, want sodoende sal jy op sy hoof vurige kole ophoop – Romeine 12:20 (1933/1953-vertaling). Wanneer iemand jou te na kom of bedrieg, is jou eerste reaksie gewoonlik om jou gekrenkte trots te herstel. […]

Sandsak of vlerke

Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het – EfesiĂ«rs 4:32. Om vry en sonder skuld te kan lewe moet ons die pad van ware vergifnis stap. ’n Ma wie se seun gesterf het, vertel dat sy jare lank nie die persoon wat vir haar kind […]

Vrygemaak!

Hy het Homself vir ons as offer gegee om ons van alle ongeregtigheid vry te maak en ons van sonde te reinig, sodat ons sy eie volk kan wees wat ywerig is om die goeie te doen – Titus 2:14. Rentmeesters is vrygemaak. Ons mag nie in skuld lewe nie. Ons is verlos. Daarom moet […]

Met oë van liefde

Omdat jy kosbaar is in my oĂ«, geĂ«er is, omdat Ek die Een is wat jou liefhet, gee Ek mense in jou plek, volke in ruil vir jou lewe – Jesaja 43:4 (2020-vertaling). Ek het die gewoonte gehad om wanneer ek by ’n vertrek uitstap nog vir oulaas ’n opdrag aan die kinders te gee […]

Jou ma Eunice

Ek dink ook aan jou opregte geloof, dieselfde geloof wat al in jou ouma LoĂŻs en in jou ma Eunice was, en wat, daarvan is ek oortuig, ook in jou is – 2 Timoteus 1:5. Kinders van gelowige ouers sien hul geloof raak. Hulle leef in die dampkring van ouers en grootouers wat hul lewe […]

Wees net jy

U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want U het my op ’n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering – Psalm 139:13-14. Een van die kosbaarste geskenke wat ons vir ons kinders kan saamgee, is selfaanvaarding. ’n Voorvereiste om diĂ© geskenk […]

Dapper

Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing – 2 Timoteus 1:7. Gedenkblaadjies met kort stukkies deur geliefdes is deesdae ’n redelik algemene gebruik by begrafnisse. Kortweg sĂŞ gesinslede of familie met hul woorde: DĂ­t was hierdie persoon se nalatenskap aan […]

DĂ­t laat ek vir jou na

Waarlik, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie en Hy slaap nie – Psalm 121:4. Méér as die lewenswaarhede wat filosowe, predikers en leiers deur die loop van baie eeue in geskrifte vir ons nagelaat het, is dit die lesse van gewone mense – ons pa en ma, daardie één onderwyser, ’n wyse huishulp, […]

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.