Boodskap vir Vandag

Search

Staan vas in die Here

Lees 1 Tessalonisense 3:13. So sal Hy julle innerlik sterk maak (v 13). Soos ons al vantevore gesê het, is dit ’n fyn kuns om te luister. Die Tessalonisense het in die drie weke wat Paulus onder hulle gewerk het, fyn geluister. Daarom dan ook dat Timoteus aan Paulus die goeie nuus kon oordra dat […]

Loof die Here saam

Lees Nehemia 9:16-20. “Maar U is ’n God wat vergewe” (v  17). Die eerste goue reël van gebed is om God te loof oor alles wat Hy gedoen het om sy stukkende wêreld te red. Reël twee is om te besef dat jy self en almal rondom jou nie eintlik die reg het om voor […]

Slaag vandag die toets

Lees Rigters 3:1-11. Die Gees van die Here was op hom en hy het oor Israel geregeer (v 10). Die lewe is propvol toetse. Ons moet voortdurend keuses maak tussen reg en verkeerd, tussen dít wat die Here verheerlik en dít wat net tot ons eie voordeel strek. So was dit nog altyd, en so […]

Ek weet op wie ek vertrou

Lees 2 Timoteus 1:12. Want ek weet op wie ek vertrou (v 12). Paulus praat hier van lyding. Die woord lyding laat ’n mens dink aan pyn, mishandeling, wonde, bloed, ja, selfs die dood. En ons hou nie van sulke dinge nie. Tog is Paulus nie bang vir hierdie soort taal en ervarings nie. Trouens, […]

Kyk totdat jy God raaksien

Lees Filemon vers 20. Maak my hart bly, soos ’n broer in Christus (v 20). God se basiese plan vir jou lewe is dat jy sy heerlikheid moet raaksien. Filemon moes God se handewerk en grootheid raaksien in sy ongehoorsame slaaf, wat skielik weer op sy drempel kom staan het met ’n nuwe hart in […]

Volg net Een se stem

Lees Josua 8:1-13. “Die Here julle God gee dit aan julle oor” (v 7). Rondte twee het vir die stad Ai aangebreek nadat Josua en die volk hulleself voor God gesuiwer het van die verkeerde dinge in hulle lewe. Hierdie keer was die oorwinning seker, want God het hulle vyand voor die tyd in hulle […]

Luister

Lees Deuteronomium 6:1-5. “Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here” (v 4). Deuteronomium 6:4 is een van die belangrikste tekste in die Ou Testament. Dis die hart van Israel se godsdiens en van die monoteïsme. Hier hoor jy die lewensbelangrike belydenis dat daar net een God is. As jy dit […]

Wees met vandag sê brood tevrede

Lees 1 Timoteus 6:8. As ons dan kos en klere het, moet ons daarmee tevrede wees (v 8). Ons basiese behoefte is om elke dag kos en klere te hê. En ons hoogste behoefte is selfverwesenliking – om ons grootste lewensdrome waar te maak. So vertel die slim ouens ons. Wel, in die Bybel lees […]

God help deur jou oop beursie.

Lees Spreuke 21:13. As jy jou ore sluit vir die hulpgeroep van ’n arm mens, sal jý ook nie antwoord kry as jý roep nie (v 13). Swaarkry en armoede is die lot van baie mense. Moenie jou te knus toesluit in jou veilige huis en maak asof jy nie hiervan weet nie. Maak jou […]

God se leefreëls vir jou

Lees Deuteronomium 5:1-22. “Jy mag naas My geen ander gode hê nie” (v 7). Die Tien Gebooie is nie dooie wette of klipharde reëls nie. Party mense dink dit moet soos tien skerp pyle Sondag na Sondag op kerkmense losgelaat word wat dit nooit na behore kan nakom nie. Feit is egter dat die Tien […]

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.