Onvergenoeg

Moenie vriende maak met ’n humeurige mens nie. Bly ver weg van een wat ongeduldig is. Jy moenie dalk sy maniere by hom aanleer nie. Dit sal die oorsaak word van jou eie ondergang – Spreuke 22:24-25 (Nuwe Lewende Vertaling). My ma het dikwels die uitdrukking gebruik: “Raak nie, smaak nie, roer nie aan nie.” […]
Wat van dié keer?

As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie ’n dag kwaad afsluit nie. Moenie die duiwel vatkans gee nie – Efesiërs 4:26-27. Woede is ’n emosie wat in ’n mens opwel, soos liefde en hartseer. Ons lees ’n paar keer in die Bybel dat Jesus deur emosie oorval is. Hy het oor Jerusalem gehuil […]
Geduld

’n Geduldige mens het meer waarde as ’n bedrewe vegter, ’n mens met selfbeheersing meer as iemand wat ’n stad inneem – Spreuke 16:32. ’n Driejarige dogtertjie ruk en pluk terwyl sy die omhulsel van haar nuwe speelding probeer loskry. “’n Dogtertjie soos jy weet dit help nie om kwaad te word nie,” sê haar […]
Bly ontvanklik

Moenie tuis raak in hierdie wêreld met al sy boosheid nie. Nee, laat God julle van binne af nuutmaak. Laat Hy julle manier van dink verander sodat julle kan weet wat Hy van julle verwag. Dan sal julle ook weet wat sy wil is en hoe julle julle hele lewe elke dag aan Hom moet […]
Gooi die luike oop!

“Daarom wil Ek julle uitnooi: Voel julle moeg vir hierdie lewe? Knak julle knieë onder al die probleme en verantwoordelikhede wat julle moet dra? … Kom luister na wat Ek vir jou oor jou lewe wil leer. Ek sal jou leer dat geluk nie is om heeltyd net vir jouself te leef nie. Jy sal […]
Gooi af!

Sorg dat jy wysheid bekom, en insig! Moenie my woorde vergeet en daarvan afwyk nie; maak die wysheid jou metgesel, dit sal jou beskerm; as jy dit liefhet, sal dit jou veilig bewaar – Spreuke 4:5-6. Wysheid is lewenslank ons beskutting. Binne daardie grense bly ons veilig. Op ’n keer het een van my kleuters […]
Grense

Moenie grensdrade verskuif wat jou voorouers opgerig het nie – Spreuke 22:28 (Nuwe Lewende Vertaling). Oral rondom ons is daar grense. Tussen lande en state. Rondom lughawens en kernkragsentrales, sekuriteitsoorde en woonerwe. Versperrings sê vir die buitestander: Tot hier mag jy kom; nie verder nie. Dit hou ongewenste mense uit. Dit bied aan die begrensdes […]
Wie is jy?

“Maar julle,” het Hy gevra, “wie, sê julle, is Ek?” – Matteus 16:15. Sommige mense verkies om nie oor hulleself te praat of ’n saak te verduidelik nie, juis omdat hulle rustig is oor wie hulle is. By ’n begrafnisdiens vertel iemand hoe die oorledene ná die verwoestende Knysnabrande in 2017 mense en instansies van […]
Tob is ’n doodloopstraat

Jy moet glo dat die Here jou op jou pad sal lei en dat Hy sal doen wat Hy belowe het. As jy dit glo, dan sal Hy dit doen en Hy sal vir almal wys dat jy onskuldig is, Hy sal vir almal sê jy is iemand wat reg doen. Jy moet stilbly en […]
So jammer

Leer my u pad, Here, ek wil wandel in u waarheid; leer my U met toewyding dien – Psalm 86:11. ’n Jong man sit koponderstebo in die kantoor van sy werkgewer. Hy was oneerlik en is uitgevang. Die ouer man luister aandagtig na die jongeling se verskonings vir sy misstap. Hy hoor die beloftes: “Nooit […]