Boodskap vir Vandag

Search

Charlie se wyshede

ʼn Paar Fariseërs uit die skare sê toe vir Jesus: “Meneer, maak stil u volgelinge!” Maar Hy antwoord: “Ek sê vir julle: As hulle stilbly, sal die klippe uitroep” (Lukas 19:39-40).

Onlangs by ʼn vriend se verjaardagpartytjie ontvang die gaste kaartjies met wyshede van die komediant-akteur Charlie Chaplin daarop geskryf.

Tereg merk die persoon langs my aan tafel op: “Ek sou dit nooit kon dink nie. Charlie Chaplin het nogal groot insig gehad.” Inderdaad! Dit was sekerlik een van die uitvloeisels van ʼn ryk en kleurvolle lewe.

Luister net na wat Charlie Chaplin alles op sy dag te sê gehad het:

“We think too much and feel too little.” Ook: “Life is a tragedy when seen in close-up, but a comedy in the long-shot.” En miskien die mooiste: “More than cleverness, we need kindness and gentleness.”

Hierdie laaste wysheid dra ʼn boodskap vir baie mense, veral vir die maghebbers van ons leeftyd wat dikwels met ʼn harde en ongenaakbare hand regeer. Wat glo dat vriendelikheid, bedagsaamheid en sagtheid ʼn swakheid is.

Chaplin se wyshede het my opnuut daarvan bewus gemaak dat die Gees op onverwagte plekke en deur mense van wie ons dit nie altyd verwag nie met ons kan praat.

Laat ons dan ons ore en oë daarvoor oop hou. God kan selfs, in Jesus se woorde, die klippe gebruik om sy boodskap aan ons oor te dra.

Here, dankie vir woorde van wysheid wat dikwels uit onverwagte oorde na ons toe kom. Leer ons om u stem ook daarin te hoor. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed