Boodskap vir Vandag

Search

Clichés

Mag die woorde van my mond en die gedagtes van my hart vir U aanneemlik wees, Here, my rots en my Verlosser – Psalm 19:15 (Nuwe Lewende Vertaling).

Clichés is gesegdes wat waardeloos geword het. Dié woorde het hul seggingskrag verloor. Die sout het kragteloos geword. Wanneer ons praat sonder om regtig oor ons woorde na te dink, gebruik ons clichés. Dit kom uit ’n hart sonder vuur en dit kan nie ’n vlammetjie in iemand anders se hart aansteek nie.

Soms praat ons oë, gesigsuitdrukking, aanraking, woordelose ontferming en stil dade duidelik hoorbare woorde.

Ons “gebaretaal” kom dikwels spontaan wanneer ons nie woorde vind waarmee ons iemand kan troos of aanmoedig nie.

’n Pa vertel van hul voordeurklokkie wat op ’n reënerige aand, ’n paar weke ná hul kind se dood, lui. In die deur staan ’n vriend met ’n pan in die hand. Hy kom vir hulle pannekoek bak.

Empatie is die taal van liefde en omgee en erbarming. Dit is die taal van iemand wat “ja” gesê het op God se liefdesverklaring aan hom of haar. Dit is liefde in aksie.

In Prediker 3:7 lees ons dat daar ’n tyd is vir alles: ’n tyd om stil te bly, ’n tyd om te praat. Eers luister. Dan praat. Te veel woorde word goedkoop woorde. Ons moet dus bid vir wysheid om te weet wanneer om stil te bly en wanneer om te praat. En wanneer ons praat, moet ons dit só doen dat dit tot seën vir ander sal wees.

Met of sonder woorde is ons die draers van hoop in hierdie stukkende wêreld.

Here, laat my woorde en nie-woorde tot u eer wees. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed