Boodskap vir Vandag

Search

Cupcakes

Ek sal hulle suiwer soos goud gesuiwer word.

– Sagaria 13:9

 

My seun het ’n halfsussie van elf, wat sommer in die proses ook my half-dogtertjie geword het. Ena kom kuier gereeld by my en slaap sommer oor ook. Een van die dinge wat ons graag doen, is om cupcakes te bak. Dis ’n groot lekkerte om al die bestanddele af te meet en in die mengbak te roer en dan in die bakplaatjies te skep. Die oond word vooraf op die regte temperatuur gestel sodat die cupcakes heeltemal kan deurbak en mooi kan rys.

 

Wanneer die cupcakes in die oond is, is dit vir Ena moeilik om geduldig vir die eindproduk te wag. Sy is haastig om die cupcakes te versier, want dit is vir haar die heel lekkerste. Gevolglik wil sy kort-kort die oond se deur op ’n skrefie oopmaak en inloer om die proses

aan te jaag.

 

Ek het gevind ek doen presies dieselfde met die Here wanneer ek in sy oond is om tot suiwerder goud gelouter te word. Ek wil Hom gedurig aanjaag om die temperatuur laer te draai of my uit te haal. Ek wil hê Hy moet my eerder halfrou begin versier met al die sprinkles en pienk versiersuiker.

 

Om te groei in geestelike volwassenheid en ons goddelike karakter vra egter dat ons die Here met die tydsame louteringsproses sal vertrou. Dit vra dat ons nie met varkneusies teen die glasdeur van die oond sal beur om te vroeg uit te kom nie. Laat toe dat Hy jou tot ’n goue cupcake bak voordat Hy jou versier en in die wêreld uitstuur.

 

Bruisgebed vir mooi cupcakes: Here, leer my om u tydsberekening te vertrou en geduldig te wag om as u cupcake tot mooi goud in u oond gebak en dan versier te word. Tot eer van u Naam.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed