Boodskap vir Vandag

Search

Dag

Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.

– Psalm 118:24

 

Weet jy watter groot present jy vandag gekry het? Jy is ’n witbroodjie. Jy het nog ’n dag van lewe uit die Here se hand ontvang. Soveel mense sou wat wou gee om nog ’n dag, nog ’n week of nog ’n maand op aarde te kon geniet. Of om ’n geliefde steeds met hulle in die lewe te hê.

 

Jy het dit ontvang. Maak die beste daarvan!

 

Vir party mense is dit baie moeilik om lewensblydskap te ervaar. Hulle bevind hulle op die bodem van ’n donker put. Ek was ook al daar onder in die put waar ek nie regtig ’n rede kon vind om bly te wees oor die dag voor my nie. Ek wou eerder die duvet oor my kop

trek en die dag buite ’n miss gee.

 

Hoe het ek vanaf die donker bodem terug tot in die sonlig gekom? Deur ’n wilsbesluit te neem om iets kleins te vind om voor op te staan en dankie te sê – énigiets. Aanvanklik was dit sommer net vir ’n lekker koppie goeie filterkoffie – met suiker en melk.

 

’n Positiewe ingesteldheid gebeur nie sommer net nie. Positiewe mense gaan ook deur donker seisoene, maar daar neem hulle ʼn wilsbesluit om terug te veg en die donker kleed af te skud. Vir my was elke dankie ’n trappie op teen die leer, terug na die son.

 

Maak dit ’n nuwe gewoonte om elke dag – ten spyte van jou omstandighede – bewustelik jou oë na ’n stukkie van sy son te draai: Dit is die dag wat die Here gemaak het en ek kiés om dit te vier.

 

Bruisgebed vir lewensblydskap: Vader, help my om ’n kopskuif te maak en elke dag bewustelik op ’n stukkie van u son te fokus en dankie te sê daarvoor. Tot eer van u Naam.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed