Boodskap vir Vandag

Search

Dankbaarheid

Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.

– 1 Tessalonisense 5:18

 

Elke nou en dan tref die blues my soos ’n onverwagte klap deur die gesig. Ek voel angstig, oorweldig, terneergedruk of moedeloos – of sommer al vier. Die beste bruistablet as teenvoeter vir hierdie onaangename gaste in my lewe is dankbaarheid. Wanneer ek dankbaarheid innooi, verdryf dit die blues – nes Jik die vlekke uit my afdroogdoeke

haal.

 

Ek begin fokus op alles waarvoor ek dankbaar kan wees. Ek tel letterlik my seëninge – van klein tot groot. Ek maak vir my ’n heerlike koppie sterk filterkoffie, gooi suiker en melk by en dink met al groter bewustheid aan al my voorregte.

 

Ek is bevoorreg om my koffie in die sonnetjie te kan geniet. Ek is bevoorreg om soveel dinge te hê wat ek dikwels as vanselfsprekend aanvaar. Ek kyk met nuwe, dankbare oë na my tuin en verlustig my in die kleurvolle kreatiewe meesterskildery. Ek luister met nuwe ore na die CD met die klank van voëltjies en die briesie wat deur die bome waai.

 

Ek maak ’n mental note van alles waarvoor ek dankie kan sê: al my sintuie wat werk, my gesondheid, my huis, my motor, my kaste vol kos en klere. Ek raak bewus van die Here se daaglikse voorsiening in my lewe op soveel ontelbare maniere. Ek dink aan my familie en

hartsvriende en my worshond se liefde, ondersteuning en vriendskap. Ek dink aan die talente en genadegawes wat ek ontvang het en wat Hy seën.

 

En wanneer ek weer sien, bruis my innerlike mens van dankbaarheid.

 

Bruisgebed vir die blues: Here, help my om my fokus te verskuif na alles wat ek het om voor dankbaar te wees.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed