Boodskap vir Vandag

Search

Dankie-dankie!

Laat ons wat ’n onwankelbare koninkryk ontvang het, dan nou dankbaar wees. Laat ons God dankbaar dien met eerbied en ontsag, soos Hy dit wil, want ons God is ’n verterende vuur – Hebreërs 12:28-29.

Mense vertel dikwels vir mekaar wat hulle nog graag sou wou doen voordat hulle sterf. Party wil na vreemde plekke reis wat die verbeelding aangryp en waarvan die name sing. Fidji. Muscat. Öygholm. Lillesand. Sommige is bang hulle kry nooit al die boeke op hul droomlysie gelees nie. Ander wil die vreugde van aftrede langs die see of in die berge ervaar.

Wanneer my reis saam met God ’n dankbaarheidsreis is, maak dit nie saak op watter eksotiese plekke ek aandoen nie. Sodra ek God regtig raaksien in elke doodgewone oomblik, spring daar ’n vonkie vreugde in my siel op. Dan word ’n gewone oomblik ’n heilige oomblik. En ’n alledaagse plek ’n heilige plek.

Wie nie dankbaarheid in sý teenwoordigheid beleef nie, sal dit op geen ander plek of omstandigheid volkome kan vind nie.

Hoekom soek ons betekenis in eksotiese belewenisse? Hoekom is ons begeester en vol jubeling wanneer ons iets uitsonderliks ervaar? Want ons kyk met oop oë en ontvanklike harte. Ons verwág om iets buitengewoon te beleef, iets wonderskoon te hoor. En dan gebeur dit … Of nié.

Ons verwagting moet by God begin en ons dankbaarheid moet deel daarvan wees. Want ons het reeds dít ontvang waarna ons grootliks hunker: die Lewe. Wie nie vervulling in God se teenwoordigheid kry nie, sal dit nêrens kry nie.

Ons reis na wysheid is ’n dankbaarheidsreis – van God na die medemens, en terug na God.

Dankie-dankie, Here. U is die bron van wysheid én dankbaarheid. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed