Boodskap vir Vandag

Search

Dapper

Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing – 2 Timoteus 1:7.

Gedenkblaadjies met kort stukkies deur geliefdes is deesdae ’n redelik algemene gebruik by begrafnisse. Kortweg sê gesinslede of familie met hul woorde: Dít was hierdie persoon se nalatenskap aan my. Dít sal ek saamneem in tye wat kom.

Onlangs lees ek so ’n blaadjie. Die eienskap wat soos ’n goue draad deur al die vertellinge loop, is dapperheid: “My pa het, ondanks swaarkry, nooit moed opgegee nie.” “My man het sy broosheid omarm en ‘ja!’ gesê vir die lewe.” “My pa was ’n dapper man.”

Die Engelse woord “courage” kom van die Latynse woord cor, wat “hart” beteken. Die oorspronklike definisie van “courage” is om die storie van wie jy is met jou hele hart te vertel. Daarvoor moet jy die moed hê om jou onvolmaaktheid bloot te lê. So ’n mens glo dat die dinge wat hom weerloos maak, hom ook sterk maak.

Ons taak as ouers is nie om die perfekte wêreld aan ons kinders voor te hou nie. Wanneer ’n kind nooit die broos kant van ’n ouer sien nie, skep dit spanning en selfs ’n gevoel van minderwaardigheid en onsekerheid. Hy of sy wonder hoe hulle ooit so goed of so sterk of so vreesloos kan wees.

’n Jong man vertel dat hy eers as volwassene, nadat hy hom gebroke langs sy broer se graf gesien het, sy pa werklik as volledige mens leer ken het. Hy het besef dat dit ook dapperheid verg om te erken jy is broos.

Here, ek is ’n rentmeester van u krag en dapperheid. Amen.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Hoofmeisie met kanker: ‘Wonderwerke gebeur vandag nog’
7 Oktober 2026
Man oor sy buite-egtelike verhouding: Só lyk die spoor van leuens en verwoesting – toe God se genadige ingryping
6 Oktober 2026
‘Skryf is vir my soos om aan die soom van Jesus se kleed te raak’ – LiG-rubriekskrywer vertel hoe gehoorsaamheid haar lewe verander het
5 Oktober 2026
Om luisteraars van God se genade bewus te maak– Nuwe Loof die Here-aanbieder deel sy program-resep
30 September 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed