Boodskap vir Vandag

Search

Deel van ʼn heilige netwerk

Jesus antwoord hom: “‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die grootste en eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ’Jy moet jou naaste liefhê soos jouself’” (Matt 22:37-39).

Waarom skat baie mense en kenners vandag die belangrikheid om bewustelik in die hede te leef en só eg teenwoordig te wees, so hoog?

Allereers is dit belangrik omdat ons op dié manier nader aan alles in en rondom ons kan kom. Hierdie “alles” sluit natuurlik allereers ons eie gedagtes en emosies in, maar veral ook die bestaan van ander mense, die aarde en uiteindelik die godheid.

Ons sou hierdie gedagte ook anders kon stel.

Deur eg teenwoordig te wees by onsself en by ander begin ons iets aanvoel en verstaan van ons innige en noodsaaklike verbondenheid met alles in en rondom ons. Dit is die bewussyn dat ons deel is van ʼn heilige en omvattende netwerk (sacred network), soos iemand dit eenkeer genoem het, en dat ons daarsonder nie sinvol kan bestaan nie.

Dit is presies omdat die mens hierdie oerkonneksie met alles, by name die aarde, verloor het dat ons vandag ʼn ekologiese krisis beleef. Ook die gemak waarmee baie hulle toevlug tot misdaad, uitbuiting en geweld neem, wys hoe diep vervreem hulle van hulleself, van ander en van God geraak het.

Jesus se oproep dat ons God moet liefhê en ons naaste soos onsself (Matt 22:34-40) is onder meer ’n oproep om opnuut bewus te word van hierdie lewensnoodsaaklike verbintenisse of verhoudings. Dit is ʼn oproep om dit bewustelik te soek en te koester.

Sonder dié bewussyn loop ons gevaar dat alles in ons lewe en in die wêreld uitmekaar kan val.

Dus, weereens: Raak ’n oomblik stil en word met nuwe respek en bewoënheid bewus van die wonderlike, lewegewende en heilige netwerk waarvan jy vandag deel is.

Ja, raak bewus van die wonder dat jý bestaan.

Here, dankie dat ek vandag deel kan wees van die heilige netwerk wat U op so ʼn wonderlike manier bedink en daargestel het. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed