Boodskap vir Vandag

Search

Deurleefde raad

Met woorde wat altyd vriendelik en sinvol is, moet julle gereed staan om die regte antwoord vir elke mens te gee – Kolossense 4:6 (Nuwe Lewende Vertaling).

Ek besoek gereeld ’n vrou in ’n versorgingsoord. Ons geselsies draai meestal by gebeure uit die verlede. Wanneer sy van haar middeljarige seun se egskeiding vertel, loop die trane.

“Dis my skuld. Hy moes nooit met haar getrou het nie. Voordat hy haar ontmoet het, het hy ’n verhouding met ’n pragtige meisie gehad. Sy was van ’n ander nasionaliteit en kerkgenootskap. Hy het met my oor hul toekoms gesels, en ek het hom afgeraai om met haar te trou om allerlei probleme te vermy. Hy het die verhouding verbreek, want hy het my raad hoog aangeslaan.”

Nou verwyt sy haarself vir haar seun se mislukte huwelik én lewe, hoewel haar raad opreg was en sy geglo het dit is vir haar kind se beswil. Niemand kan met sekerheid sê hoe die eerste verhouding sou uitgewerk het nie. Sy vergeet ook dat haar seun self ’n keuse in die saak gehad het.

Daar is soveel faktore wat ’n invloed op ons lewe het. Ons kan onmoontlik die skuld aanvaar vir alles wat skeefloop. Ons moet die uitkoms in God se hande laat – solank ons met oortuiging kan sê dat ons Hom in alles raadpleeg en nie ons eie mening as maatstaf gebruik wanneer iemand ons raad vra nie.

Ons moet deurlopend bid en wysheid vra vir alles wat ons pad kruis. God is getrou. Hy sal ons hart voorberei sodat ons met sý wysheid sal antwoord wanneer dit nodig is.

Here, ek smag na u wysheid – nie my eie nie. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed