Boodskap vir Vandag

Search

Deursigtig soos glas

Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie – 2 Korintiërs 4:7.

Ons moet pyn en verlies wat oor ons pad kom ook deel van ons rentmeesterskap maak. In plaas van: “Hoekom?” moet ons vra: “Wat moet ek hiermee doen, Here? Hoe kan hierdie pyn vir ander tot seën wees?” Ons is versigtig om ons binnekant vir ander te wys. Ons klamp onsself toe. Ons wil nie hê ander moet ons broosheid of mislukkings raaksien nie, want die wêreld se suksesstories word as maatstaf aan ons voorgehou.

Iemand wat gestroop en verwese voor God staan, wéét hoe nodig erbarming is. Sy ervaar ’n oorweldigende behoefte aan God se innige versorging. Sy voel onmagtig en onvolkome. Haar selfgenoegsaamheid en kras oordele oor ander begin verdwyn, want sy het die allesomvattende liefde van die groot Sagmoedige aan eie lyf ervaar.

Moeder Teresa het gesê: “As ons Christus se erbarming nie vir onsself toegeëien het nie, kan ons dit nie aangee nie. Kyk na jou naaste soos jy weet Christus na jóú kyk. Met mededoë en liefde. Mense soek na ’n stukkie van sý lig in ons oë.”

In ons broosheid moet ons ’n fyn deursigtige glasvaas wees waardeur skerfies son kan skitter. Eers wanneer ons in ons weerloosheid óóp, broos en deursigtig voor God sit, kan sy lig deur ons skyn. Dán kan sy hoop in ons begin werk. Dan word ons pyn ’n geskenk. En ons word die rentmeesters daarvan.

Here, help my om nie van my eie broosheid weg te skram nie, maar toe te laat dat u lig deur my stroom. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed