Boodskap vir Vandag

Search

Die afgode van vandag

Julle mag nie afgode dien nie en julle mag nie vir julle afgodsbeelde maak nie. Ek is die Here julle God (Levitikus 19:5).

God se veroordeling van Israel se afgodery by monde van sy profete het my opnuut oor die verskynsel van afgodery laat nadink – waar kom dit vandaan? En hoe dit, net soos in die dae van Israel, steeds bydra tot die verval van ‘n samelewing.

In ‘n sekere sin sal ‘n mens enigiets of iemand wat in die plek van die ware God vereer word as ‘n soort afgod kan sien.

Meesal is afgode God se eie gawes wat skeefgetrek en tot ‘n nuwe vlak en status verhef word. Dáár kry hulle dan ‘n ander betekenis, selfs ‘n eie gestalte, los van die ware God. Hulle word áfgode – nuwe, selfgeskepte gode wat aanbid word as mense se uitsluitlike bron van geluk en sekuriteit.

In Israel se tyd is die Baäls as die gewers van vrugbaarheid en groeikrag vereer. Vandag het ons ander afgode. Hulle is nie so moeilik om te herken nie. Hulle heet, om maar net ‘n paar te noem, geld, kennis, mag en seks.

Hierdie dinge bly steeds gawes van God wat tot heil van ander gebruik of uitgeleef kan word. Los van God word hulle egter gevaarlike magte, afgode wat ons skaamteloos tot gierigheid, leuens, geweld, onreg, promiskuïteit en selfs misdaad kan dryf.

Ai, as elkeen van ons net die afgode in ons eie lewe kon herken en wou teëgaan, sou ons land soveel anders lyk!

Heilige Gees, help ons vandag om die afgode in ons eie lewe raak te sien en in u krag daarteen op te staan. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.