Boodskap vir Vandag

Search

Die afgode van vandag

Julle mag nie afgode dien nie en julle mag nie vir julle afgodsbeelde maak nie. Ek is die Here julle God (Levitikus 19:5).

God se veroordeling van Israel se afgodery by monde van sy profete het my opnuut oor die verskynsel van afgodery laat nadink – waar kom dit vandaan? En hoe dit, net soos in die dae van Israel, steeds bydra tot die verval van ‘n samelewing.

In ‘n sekere sin sal ‘n mens enigiets of iemand wat in die plek van die ware God vereer word as ‘n soort afgod kan sien.

Meesal is afgode God se eie gawes wat skeefgetrek en tot ‘n nuwe vlak en status verhef word. Dáár kry hulle dan ‘n ander betekenis, selfs ‘n eie gestalte, los van die ware God. Hulle word áfgode – nuwe, selfgeskepte gode wat aanbid word as mense se uitsluitlike bron van geluk en sekuriteit.

In Israel se tyd is die Baäls as die gewers van vrugbaarheid en groeikrag vereer. Vandag het ons ander afgode. Hulle is nie so moeilik om te herken nie. Hulle heet, om maar net ‘n paar te noem, geld, kennis, mag en seks.

Hierdie dinge bly steeds gawes van God wat tot heil van ander gebruik of uitgeleef kan word. Los van God word hulle egter gevaarlike magte, afgode wat ons skaamteloos tot gierigheid, leuens, geweld, onreg, promiskuïteit en selfs misdaad kan dryf.

Ai, as elkeen van ons net die afgode in ons eie lewe kon herken en wou teëgaan, sou ons land soveel anders lyk!

Heilige Gees, help ons vandag om die afgode in ons eie lewe raak te sien en in u krag daarteen op te staan. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed