Boodskap vir Vandag

Search

Die bedrieglike hart van die mens

Saul en Jonatan, geliefde en beminde mense – in lewe en sterwe nie geskeie nie. Hulle was vinniger as arende, sterker as leeus (2 Samuel 1:23).

Dawid was inderdaad die liefling van God.

En tog was dit ook van hóm waar dat sy hart soms bedrieglik en onbegrypbaar was.

Duidelik hoor ons dit in die treurgedig wat hy kort ná Saul en sy vriend Jonatan se dood geskryf het. Dié gedig is, soos ons reeds gehoor het, ‘n gevoelvolle uitdrukking van sy liefde vir veral Jonatan. Dit herinner ons tereg daaraan dat ons ook maar voluit mag treur en ons gevoelens wys.

Tog het die gedig ook ‘n ander kant. Dit verteenwoordig terselfdertyd ‘n berekende en goed beplande politieke skuif. Want sien, dit was tog algemeen bekend dat die verhouding tussen Dawid en Saul nie so goed was. Dat Saul se skild en swaard wat Dawid hier so gloedvol besing (2 Sam 1:21-22), meermale gebruik was om hom om die lewe te probeer bring.

En tog hou Dawid in die gedig vol om Saul openlik en onbeskaamd te loof, om hom as held te vereer, selfs aan te dring dat alle inwoners die lied of gedig sal aanleer.

Hoe moet ons dit verstaan? Vanwaar die verskuilde taal, die dubbele agenda? Op dié manier – so lees ons tussen die lyne – wou Dawid die indruk van sy lojaliteit teenoor Saul volhou. En só verseker dat die volk, en veral Saul se mense, hom sou ondersteun wanneer daar weer ‘n nuwe koning verkies moes word.

Ja, so bedrieglik en dubbelslagtig is die mens se hart. Selfs by die bestes van ons skuil daar agter vroom woorde en vrolike gesange, onvermoede vrese, ambisies en agendas.

Die merkwaardige is dat God, ten spyte hiervan, Dawid en almal wat soos hy is, nooit verlaat of verwerp nie.

Here, saam met Dawid wil ons vandag bid: “Skep vir my ‘n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig” (Ps 51:13).

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.