Boodskap vir Vandag

Search

Die bestes kan struikel

Eendag het hy (Dawid) na sy middagslapie opgestaan en op die dak van sy paleis gaan rondstap. Van die dak af het hy ‘n vrou sien bad. Sy was ‘n baie mooi vrou. Dawid het oor haar navraag laat doen …(2 Samuel 11:2-3).

Die verhaal van Dawid se owerspel met die mooie Batseba bevat verskillende interessante perspektiewe én lesse.

Vir eers – en dit is die algemeenste perspektief – bevat dit ‘n belangrike waarskuwing. Dit is dat selfs die bestes onder ons kan struikel.

Verder ook dat ‘n vroom opvoeding of kennis van die Christelike tradisies en waardes nie noodwendig ‘n vaste waarborg is dat gelowiges nie op ‘n stadium ook hulle kop of oordeelsvermoë kan verloor nie.

Dawid byvoorbeeld was bekend as die geliefde van God. Sy lewe was omring van God se beloftes. Boonop het hy goed geweet wat God van hom as mens en koning verwag het.

En tog, in ‘n ledige oomblik, terwyl sy soldate oorlog gevoer en hy na ‘n genoeglike middagslapie op die dak van sy paleis gaan ronddwaal het, vang sy oog die naakte lyf van die verleidelike Batseba. En net daar skakel sy gewete af en gaan sy morele kompas botstil staan.

Wat hierna volg, is té hartseer en tragies vir woorde. Dit ‘n verhaal wat nie alleen wys hoe ledigheid die duiwel se oorkussing kan word nie, maar ook hoe ‘n gerespekteerde koning tot die vlak van ‘n egbreker en misdadiger kan daal.

Die verhaal roep ons op tot waaksaamheid – ook om nie te gou te oordeel nie. Want die bestes onder ons kan struikel.

O Here, bewaar ons vandag daarvan dat ons na mense met ‘n negatiewe en veroordelende blik kyk. Hou ons bewus van ons eie swakhede en sondes. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed