Boodskap vir Vandag

Search

Die bindstof van goeie vriendskappe

Ek dank my God elke keer as ek aan julle dink (Filippense 1:3).

Die bindstof van alle goeie verhoudinge of vriendskappe bly daardie kosbare, eenmalige en dikwels onverwagse, ja, selfs onbeplande oomblikke van intieme ontmoeting, aanraking en nabyheid.

Wie van ons ken dit nie?

Daardie gesprek waarin twee innerlike landskappe skielik oormekaar skuif en jy wegstap met die gevoel jou siel het vir ‘n kort oomblik aan dié van die ander geraak.

Of daardie afskeidsoomblik wanneer ‘n geliefde vertrek en jy nog koester aan die laaste gedempte woorde of omhelsing.

Of tydens oomblikke van siekte en dood, wanneer ‘n enkele woord of net ‘n stilswyende aanraking of druk, ‘n band stig wat onvergeetlik, onherroeplik en onmeetbaar is.

Hierdie bindstof-oomblikke is dikwels só sterk dat die teoloog, Frederick Beuchner, op ‘n stadium die ewige lewe in dié terme beskryf het. Vir hom breek iets van hierdie lewe deur in daardie oomblikke wanneer jy so teenwoordig is by iemand dat die bewussyn van tyd jou ontglip en jy iets van Christus in die ander persoon herken.

Dit word dan ‘n ewige, onvergeetlike oomblik.

Here, dankie dat U ons u vriende noem. Help my vandag om nader aan U te leef en so ons vriendskap te verdiep. Amen

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed