Boodskap vir Vandag

Search

Die boodskap van ‘n waterdruppel

Hy laat alle mensewerk tot stilstand kom sodat alle mense sy werk kan leer ken (Job 37:7).

Vanweë ons besige lewe, is dit geensins vanselfsprekend dat ons oë oop is vir God se gawes wat ons elke dag in die natuur tegemoet tree nie.

Dikwels moet ons wakker gemaak, ja, selfs wakker geskók word om dit raak te sien.

Soos onlangs met ‘n vriend van my gebeur het. Hy het weer, soos dikwels gebeur, half laat en in groot haas by sy werk opgedaag. Dit was toe hy uit sy motor klim en homself gereed maak om na sy kantoor toe te beweeg, dat die onverwagse gebeur: Hy het skielik iets yskouds op sy voorarm voel val.

Ná die eerste skrik, het hy besef dat dit niks dramaties was nie – net maar ‘n koue waterdruppel wat iewers van bo op sy arm beland het. Nogtans het dit hom gedwing om op te kyk. En toe, so vertel hy, het hy die eerste maal die wonderskone fasade van die gebou vanwaar die druppel uit ‘n lekkende geut na onder gewaai het, goed raak gesien.

Dit was of die onskuldige druppel hom in dié oomblik tot stilstand gedwing het om die gebou en ook die omgewing waaraan hy elke dag so haastig verby gestorm het, beter te beskou en te waardeer.

Dié bykans onbenullige voorval, so vertel hy, sou sonder enige verdere seremonie verbygegaan het as dit nie was dat dieselfde insident hom kort daarna op ‘n ander plek herhaal het nie – so asof die druppels hom nie wou toelaat om sy omgewing te vergeet nie.

“Sedertdien het die waterdruppel ‘n embleem vir ‘n dieper bewuswording van die goddelike in my lewe geword,” was my vriend se laaste woorde toe ons afskeid neem.

Vir buitestaanders mag dié vriend se siening wel na bygeloof klink, maar vir hom was dié onverwagse waterdruppel niks minder as ‘n egte spirituele ervaring nie.

En wie sal met hom wil stry? God kom ook deur die natuur na ons toe, soos Job so aangrypend moes ontdek (Job 37)!

Here, dankie dat U ons op plekke en deur dinge aanraak wanneer ons U die minste verwag. Hou ons opmerksaam vir u teenwoordigheid, al is dit dan ook in ‘n waterdruppel. Amen

Carel Anthonissen

 

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed