Boodskap vir Vandag

Search

Die daad wat woorde is

Maar Jesus het hom skerp aangespreek: “Bly stil en gaan uit hom uit.” Die bose gees het die man stuiptrekkings laat kry, hard geskreeu en toe uit hom uitgegaan (Markus 1:26).

Die moderne taalkunde leer tereg dat woorde of taal nie onskuldige klanke of geluide is nie.

Nee, woorde het krag. Taal het ’n sosiale en sielkundige effek.

Dit is met hierdie perspektief in gedagte dat taalkundiges praat van ‘n taaldaad (speech act). Daarmee bedoel hulle woorde impliseer, ja, behels selfs ‘n optrede of daad met ‘n bepaalde impak en uitwerking. Hierdie uitwerking mag soms verskuil wees, maar dikwels is dit openlik en blatant.

Hoe duidelik sien ons dit nie in Jesus se gesagvolle en vars woorde nie. Sy woorde, só hoor ons in Markus 1:22, raak nie net die omstanders baie diep nie – dit dwing ‘n bose gees op sy knieë en genees ‘n siek man (Mk 1:25-27).

Omrede woorde hierdie sosiale en psigiese krag en invloed het, moet ons versigtig wees hoe ons daarmee omgaan en dit gebruik. Want woorde kan gevaarlik wees. Dit kan nie alleen, soos in Jesus se geval, ander bevry en genees nie.

Dit kan ook diep kwets, beledig en seermaak.

Here, help ons vandag om nie die krag van u en ook van ons eie woorde te onderskat nie. Gee ons woorde wat genees. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed