Boodskap vir Vandag

Search

Die dans van nuwe lewe

Julle het met die ou, sondige mens en sy gewoontes gebreek en
leef nou die lewe van die nuwe mens, wat al meer vernuwe word na
die beeld van sy Skepper en tot die volle kennis van God (Kolossense 3:9-10).

Die nuwe lewe wat deurbeek met Christus se opstanding en waaraan ons deur die geloof deel kry, is nie iets wat natuurlikerwys by ons as mense wortelskiet of opwel nie.

Dit is allermins ’n verlengstuk van ons eie deugde of talente. Daarvoor is dit gans té nuut en té anders.

Wie daarmee in die geloof waag, waag letterlik om, soos Paulus dit beskryf, “met die ou sondige mens en sy gewoontes te breek en die lewe van ‘n nuwe mens te leef – ‘n lewe wat almeer vernuwe word na die beeld van die Skepper en tot die volle kennis van God” (Kol 3:9-10) .

Anders gestel: Om deel te kry aan die nuwe lewe in Christus vra ‘n soort dood of sterwe – een waarin die ego van die mens wat hoofsaaklik teer op ambisie, kompetisie, prestasie, roem, selfsug en eiebelang, kleiner word en plek maak vir ‘n nederiger, broser en medemensliker self – een wat, soos Christus, daagliks met begrip en deernis uitreik na alles en almal rondom hulle.

Die opstanding van Jesus – so beskryf die teoloog Christina Landman die praktiese waarde daarvan – voorsien aan ons ‘n grootse simbool van opstaan. Dit gee aan ons die energie om daagliks ons kruis te gaan dra en óp te staan – óp te staan uit ons ongeduld, woede, sinisme en klaagsug en met groter blymoedigheid en dankbaarheid te gaan leef.

In kort: Dit is om die dood – die dood van die ou mens – om te skakel in ‘n dans van vreugde, vrede en offerbereidheid..

Want dít is wat die lewe van die nuwe mens behels.

O, Here, help my vandag om so te sterf aan my eie ambisies dat U met u resep vir lewe ‘n groter vastrapplek in my lewe kan kry. Amen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed