Boodskap vir Vandag

Search

Die deur is nou oop

Jesus sê toe vir haar: “Moet My nie vashou nie, want Ek het nog nie na die Vader toe opgevaar nie. Maar gaan na my broers toe en sê vir hulle: ‘Ek vaar op na my Vader toe, wat ook julle Vader is, na my God wat ook julle God is'” (Johannes 20:17).

Wie die verhaal van die opgestane Jesus se herontmoeting met Maria Magdalena noukeurig lees, sal hoor dat daar ʼn dieper rede was waarom Hy haar versoek het om Hom in dié intieme oomblik nie vas te hou nie.

Jesus wou haar, naas sy versoek om liefdevolle afstand, ook aan sy verdere missie herinner. Dít is dat Hy moes weggaan sodat sy Gees voortaan kon wees by haar en by almal wat, soos sy, in Hom glo.

Meer nog, sy moes nou die draer van ʼn ongelooflike boodskap wees. Dié boodskap is Jesus se Vader is nou ook óns Vader. En sy God is nou ook óns God!

Het jy dit gehoor? Danksy Jesus se opstanding is die deur nou oop. Ek en jy het vrye toegang tot God sodat ons – soos ʼn kind by sy of haar ouers – ons harte eerlik voor Hom kan uitstort.

Van nou af mag ons maar, soos hierdie ouer Broer van ons, voluit bid: “Ons Vader wat in die hemel is …” Ons mag, danksy die werk van die Heilige Gees, elke dag met vrymoedigheid uitroep: “Abba!” Dit beteken “Vader” of “Pappa”.

Selfs al doen ons dit sugtend en kermend.

Dat U opgestaan het, Heer, bly ons verstand te bowe gaan. Al wat ons weet en vandag weer wil glo, is dat U ons daarmee by God tuisgebring. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed