Boodskap vir Vandag

Search

Die donker pad van geloof

God het vir hom gesê: “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer daar op een van die berge wat Ek jou sal aanwys” (Genesis 22:2).

Vir Johannes van die Kruis was daar ook ʼn tweede rede waarom die geloofreis ʼn reis vol donkerte en onsekerheid is.

Hierdie donkerte, skryf hy, kom na vore sodra gelowiges hulle voete op die pad agter Jesus aan plaas. Dan vind gelowiges gou uit dat dié pad allermins bestem is om net deur groen weivelde of na vredige waters te gaan.

Juis omdat gelowiges op ʼn getroue manier die voetspoor of weg van Jesus probeer volg, sal hulle, soos hulle Meester, blootgestel word aan teenstand, onbegrip, onkunde en selfs verwerping. Hulle weg sal by tye ook deur ʼn dal van doodskaduwee gaan. Wat dit ook nag in hulle lewe sal maak.

Niemand het hierdie donker en onseker pad van die geloof beter geken as die geloofsvader Abraham nie. Hoe anders dan ook as God jou op ʼn dag vra om jou geliefde seun, wat boonop die beloftekind was, as ʼn lewende offer aan God te wy. Dan word dit inderdaad nag.

En tog het Abraham, byna voetjie vir voetjie, sy weg deur hierdie donker nag van die geloof gevind. Juis omdat hy onwrikbaar vertrou het dat God op die een of ander manier sou voorsien.

In dié vertroue is hy nie beskaam nie. Net soos jy nie ook beskaam sal word as jy, soos Abraham, leer vertrou nie.

Ja, Here, ek erken die pad agter U aan is soms baie donker en onbekend. Maar ek gryp vandag opnuut vas aan u belofte dat U sal voorsien. Net soos U in Abraham en later in Jesus se lewe voorsien het. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed