Boodskap vir Vandag

Search

Die eintlike verrassing van Paasfees

Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of bose magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here (Romeine 8:38-39).

Soos ons die periode ná Paasfees inbeweeg, is dit goed om ‘n ruk lank te vertoef by die betekenis van die Paasgebeurtenis vir ons alledaagse lewe.

Die eerste wat opval van die Paasgebeurtenis is die effek van verrassing wat die nuus van Jesus se opstanding op sy navolgers gehad het.

Hierdie verrassing setel nie net in die feit dat hierdie gebeure alle menslike logika en verwagtinge oorstyg het nie. Die eintlike verrassing van Paasfees gaan veel dieper.

Dit lê in die ontdekking dat die Vader van ons Here Jesus Christus nie die Vader van ‘n gebalsemde mummie was nie (Noordmans), maar ‘n Vader wat Jesus in sy groot liefde nooit werklik verlaat of prysgegee het nie. Sodat Jesus nie net die aanslag van die bose, die pyn van onreg en die verskrikking van die dood oorlééf het nie, maar hierdie magte ook oorwin het.

Daarmee het die God van Jesus ‘n magtige teken van hoop en nuwe lewe vir álle mense opgerig. Sodat almal wat in Jesus glo en Hóm navolg, dieselfde liefde en trou van hierdie Vader mag verwag en ervaar.

Dit is ‘n liefde wat, soos Paulus ontdek het, ons nooit los nie, maar bly dra en beskerm, maak nie saak waardeur ons alles gaan nie (Rom 8:35-39).

Here, soos Paulus wil ons vandag roem in u liefde wat ons die oorwinning oor alle magte gee. Help ons om daarin te rus. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed