Boodskap vir Vandag

Search

Die fees van Christus, die Koning

“Dit is soos u sê: Ek is ‘n koning,” antwoord Jesus (Johannes 18:37).

Ek wonder hoeveel gelowiges besef dat eerskomende Sondag die laaste Sondag van die sogenaamde kerklike jaar is.

En dat dié Sondag boonop bekend staan as die fees van Christus, die koning.

‘n Dag dus waarop Christelike gemeentes regoor die wêreld die unieke en bykans rewolusionêre aard van Christus se koningskap kan herdenk en vier.

Om sinvol hieraan mee te doen, vra – ten minste vir ‘n begin – dat ons in ons gedagtes en voorneme dit sal waag om vandag weer ‘n tree nader aan hierdie besonderse figuur uit die verlede te gee. Miskien selfs, in die woorde van Marcus Borg, bereid is om Hom vir ‘n tweede keer nuut te ontmoet en te leer ken.

Want die meeste van ons weet reeds sedert ons kinderdae goed van hierdie Jesus-figuur. Ons ken sy verhale, sy stories en gesegdes. Maar ken ons Hóm regtig? Ken ons die “Jesus before Christianity” (Albert Nolan), dit wil sê, Jesus soos Hy geleef het voordat die tradisie en ander ideologieë sy beeld en nalatenskap ingekleur en selfs by tye verdraai en verteken het?

Weet ons dat hierdie eenvoudige Jood van Nasaret inderdaad ‘n koning was? Een wat boonop uniek en wonderbaar was!

En dat wie Hom as sodanig erken en volg, ja, deel van sy koninkryk word, se lewe radikaal kan verander?

O Here, gee ons vandag weer die moed en die belangstelling om U beter te leer ken. Amen

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed