Boodskap vir Vandag

Search

Die fees van genoeg

Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie. Jy mag nie sy vrou begeer nie, ook nie ‘n slaaf of slavin, ‘n bees of ‘n donkie, of enigiets anders wat aan hom behoort nie (Exodus 20:17).

Die tien gebooie soos opgeteken in Exodus 20:1-17, het ‘n wonderlike tweedeling.

Nádat hierdie geskrif of manifes ons oor vier gebooie heen bind aan die God wat bevry en aan ons rus en vrede gee (Ex 20:1-11), word ons vervolgens in die volgende ses gebooie opgeroep om hierdie bevryding en rus ook aan ander te gun (Ex 20:12-17).

Ons word opgeroep om na ander uit te reik en gesonde verhoudings te bou. En dáárin daagliks die sin en betekenis vir ons lewe te vind.

Hierdie verhoudings begin by die binnekring van ons familie waar ons genooi word om met eerbied en respek teenoor mekaar as kinders en ouers te leef en op daardie manier ‘n lang lewe vir ons nageslag te waarborg (Ex 20:12).

Hierná kring dit na ander uit – na ons vriende en metgeselle aan wie ons trou en lojaliteit verskuldig is (Ex 20:14). Ook ons naaste wat ons nie mag uitbuit of besteel nie, maar aan wie ons hulp, ondersteuning en regverdigheid moet bied (Ex 20:15-16).

Ja, ook ons vyand word in die sesde gebod geïmpliseer – hulle van wie ons nie hou nie, wie ons uit ons lewe weg wens, maar aan wie ons ook voortdurend ‘n plek in God se son moet gun (Ex 20:13).

Ten slotte dring die tiende gebod ons tot ‘n lewe van dankbaarheid. Dit bring ons, in die woorde van die vroulike teoloog, Charlene van der Walt, terug by die genadige en bevrydende God wat ons seën met die wonder en die fees van genoeg.

Sodat ons nie dinge begeer wat ongesond en onvanpas is nie (Ex 20:17).

O Here, dankie vir u gebooie. Dankie dat hulle ons aan U bind wat ons bevry – die God van liefde, van rus, die God van genoeg. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed