Boodskap vir Vandag

Search

Die fluisteringe van God

Deur baie sulke gelykenisse het Jesus met die mense oor sy boodskap gepraat … (Markus 4:33).

Die week se tekste dek ‘n paar van Jesus se gelykenisse oor God se koninkryk.

Die gelykenisse is om verskeie redes boeiend en vertroostend.

Vir eers herinner hulle ons aan die belangrike plek van stories in ons lewe. Aan die feit dat ons lewe niks anders as ‘n kleurryke reeks verhale is nie. Wie hulle begin vertel, begin nie net insig in die ryk weefsel van hulle eie geskiedenis kry nie, maar daardeur ook iets van hulle eie harte aan ander weggee.

Jesus se stories, soos in die gelykenisse uitgedruk, neem ons egter nog ‘n stappie verder. Dit herinner ons dat die lewe vol misterie en wonder is. Wie dieper kyk en skerper luister, kan in die mees alledaagse gebeure en dinge van die lewe die fluisteringe van God hoor.

Daar kan ons hoor hoe verlore goedere ‘n herinnering aan God se drang na mense afspieël (Luk 15). Hoe olie wat lampe laat brand, ons herinner aan die noodsaak van verwagting en waaksaamheid (Matt 25:1-13). Hoe die groeikrag van klein en onbenullige saad ‘n venster op God se unieke manier van werk in ons lewe open (Mark 4:26-34).

En só, deur Jesus se stories, kom ons nader aan die geheime van ons eie lewe.

En natuurlik aan die Bron van alles.

Here ons God, dankie vir die stories wat U vir ons deur Jesus se getuienis nagelaat het, en waaruit ons vandag weer troos en versterking kan put. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed