Boodskap vir Vandag

Search

Die gawe van vrede

Alhoewel die deure gesluit was omdat hulle bang was vir die Jode, het Jesus gekom en tussen hulle gaan staan en vir hulle gesê: “Vrede vir julle!” (Johannes 20:19).

Een van die grootste gawes wat die opgestane Christus aan sy volgelinge, en deur hulle ook aan die wêreld geskenk het, is die gawe van vrede.

Duidelik sien ons dit in Johannes 20:19 wanneer Jesus skielik tussen sy beangste dissipels verskyn met die groet: “Vrede vir julle!”

Hierdie vredesgroet mag ons egter nie misverstaan nie. Want dit behels nie net ‘n belofte van materiële voorspoed of welvaart nie. Of die afwesigheid van oorlog en geweld nie. Nog minder is dit beperk tot bloot ‘n emosie of gevoel van vrede en rus.

Hoewel hierdie elemente deel kan vorm van die vrede wat Jesus beloof het, is sy vrede – in Hebreeus heet dit “sjaloom” – veel ruimer en méér radikaal. “Sjaloom” beteken ‘n allesomvattende herordening van ons lewe waarin alle verhoudinge wat misgeloop het en gebroke is, weer herstel en genees kan word.

Waar “sjaloom” deurbreek, kom vergifnis en versoening op gang en vind daar heling en herstel plaas. Kortliks: Danksy die opstanding van Jesus, kom ʼn nuwe skepping onder andere tot stand (2 Kor 5:17-19).

Is dit nodig om dit te sê: Hoe ons samelewing vandag verlang na mense wat hierdie vrede kan vóórleef en bring?

Here, dankie vir u groot gawe van vrede. Maak ook van ons vandag weer draers van vrede. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed