Boodskap vir Vandag

Search

Die Gees laat ons voor Christus buig

Hy het toe gou afgeklim en Jesus met blydskap ontvang (Lukas 19:6).

In 1 Korinthiërs 12 vers 3 herinner Paulus ons daaraan dat niemand Jesus die Here kan noem as dit nie deur die Heilige Gees is nie.

Die Gees maak ons oë oop om Jesus te herken en ook as enigste Here te bely – die Oorwinnaar oor sonde en dood, die Een wat daarna smag om ons vandag weer met sy liefde te bedien.

Die Gees maak ons gewillig om met geesdrif na Hom toe te gaan en voor Hom as Leidsman van ons lewe te buig.

Hoe die Gees dit doen, sien ons amper nêrens mooier as in die lewe van Saggeus, die ryk tollenaar, nie. In sy geval open die Gees sy oë deur allereers ‘n diepe onrus en knaende verlange na nuwe sin en betekenis in sy gemoed wakker te maak, ja, selfs ‘n brandende nuuskierigheid na die figuur van Jesus.

Sodat hy die ongehoorde doen om Jesus vanuit ‘n boom te gaan bespied (Luk 19:4).

En dan, wanneer Jesus Saggeus raaksien en roep, gaan sy oë volledig oop en keer hy, net soos die verlore seun van Lukas 15, met blydskap terug – nie net na sy eie huis nie, maar na die huis van sy hemelse Vader toe.

Wat méér is: Wanneer hy eenmaal deur die Gees gelei word om Jesus as Heer te erken en te eer, gebeur ‘n volgende ding: Sy hart gaan oop teenoor sy medemens, veral hulle wat arm, verdruk en uitgebuit is (Luk 19:8).

Wil jý weet hoe die Gees in jou lewe werk?

Moniteer vandag weer daardie diepe onrus en verlange wat jou nét nie wil los nie, daardie versugting na lewensin en betekenis wat hééltyd in jou gemoed bly opkom. Dink in stilte na waar dit vandaan kom, en veral waarheen dit jou vandag wil neem.

Want dit kan die Gees wees wat in jou werk en wag – wag totdat jy gereed is om, soos Saggeus, voor Hom te buig en Hom te dien.

Heilige Gees, dankie vir die onrus en verlange wat U in my gemoed lê. Laat dit tog nie ‘n vlietende gevoel wees nie, maar ‘n tree nader aan Christus. Amen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed