Boodskap vir Vandag

Search

Die Gees raak ons verbeelding aan

Ek sal my Gees uitstort op alle mense: julle seuns en julle dogters sal as profete optree;
julle jongmense sal gesigte sien; julle ou mense sal drome droom (Handelinge 2:17).

Tydens ‘n onlangse stildag oor kreatiwiteit, ontdek ek ‘n aspek van die Heilige Gees se werk wat ek vroeër nie goed raak gesien het nie.

Een wat my met nuwe hoop, en veral groot opwinding, gevul het.

Dit is dat wanneer die Gees begin werk, veral ook ons verbeelding aanraak, ons kreatiwiteit ontsluit. Dit wil sê, die Gees maak nuwe gedagtes en vergesigte in ons los waarvan ons vroeër nooit sou droom nie. Die Gees skep vars taal en inisiatiewe wat nie alleen onsself ekstaties laat nie, maar die wêreld óm ons verbaas.

Hoe duidelik sien ons dit nie op Pinksterdag gebeur nie! Toe die Gees kom, begin jongmense gesigte sien en ou mense nuwe drome droom. Nuwe tekens en wonders ontstaan, en almal begin in ander tale praat, sodat mense om hulle verras en verbaas was. Selfs gewonder het of hierdie ongewone geesdrif nie die gevolg van te veel drank was nie …

Maar dit is wat gebeur wanneer die Gees oor ons begin waai. Iets van God se kreatiwiteit, van God se verrassende en oorstelpende genade, breek in ons lewe in.

En dit werk aansteeklik. Mense word daardeur geraak en selfs verander.

Wat verder verbasend is: Die Gees van nuwe verbeelding, werk ook in die lewe van hulle wat nie altyd uitgesproke gelowig is nie – die kunstenaar, die digter, die skrywer, die skilder. Meer dikwels as die tradisionele kerk, ken hierdie buitestaanders die ekstase, die ontroering en vreugde wat kom wanneer die Gees ons kreatiewe kern aanraak en wakker maak.

Vir die filosoof, Friedrich Nietzsche, vloei alle egte inspirasie uit so ‘n openbaring voort. Hy noem dit letterlik: “A rapture whose tremendous tension occasionally discharges itself in a flood of tears.”

Hieroor skryf hy verder: “One hears, one does not seek; one accepts, one does not ask who gives; like lightning, a thought flashes up, with necessity, without hesitation regarding its form – I never had a choice … Everything happens involuntarily in the highest degree but in a gale of freedom, of absoluteness, of power, of divinity…”

Dit kan tog net die Gees wees wat iemand dít laat ervaar!

Heilige Gees, kom en raak vandag weer my verbeelding aan. Inspireer my en ook u kerk tot nuwe, verrassende insigte en dade. Amen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed