Boodskap vir Vandag

Search

Die Gees sal altyd by ons wees

Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle ‘n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid … Ek sal julle nie as weeskinders agterlaat nie (Johannes 14:16, 18).

Ons kan ons beswaarlik die skok en die verwarring voorstel waarmee die dissipels Jesus se mededeling dat Hy hulle gaan verlaat, moes aanhoor.

Want dink jou in: Hulle het op ‘n stadium álles verlaat om Hom te volg.

En selfs al was sy huis die voetpad en sy oornagplekke so onherbergsaam en broos soos die neste van voëls of die gate van jakkalse, het dít hulle nie ontmoedig nie. Inteendeel, sy blote teenwoordigheid en vriendskap was genoeg. Genoeg om hulle te troos en te inspireer. Om hulle by Hom te laat bly.

En nou hierdie mededeling dat Hy húlle gaan verlaat. Dat sy pad lyding en sy uiteindelike bestemming die dood sou wees. En dat hulle Hom – voorlopig altans – nie daarheen kon volg nie. Dit is geen wonder nie dat hulle Hom in hierdie oomblik met vrae bly peper het (Joh 14:5,8,22).

En dan sy helende en verkwikkende woorde waaruit ons vandag steeds mag lewe: dat Hy ons nooit as weeskinders sal agterlaat nie. Dat Hy ‘n ander Trooster of Voorspraak sal stuur om altyd by ons te bly (Joh 14:16,18).

O, ons mag dit maar glo! Hierdie blye boodskap van Pinkster, dat God se Gees altyd by ons sal wees om ons te troos en te ondersteun, veral in tye van eensaamheid en skrik, van verlies en ontreddering.

O Here, dankie dat u Gees ‘n permanente inwoner van ons lewe is. Daarvoor kan ons U alleen prys en eer. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed