Boodskap vir Vandag

Search

Die Gees werk in ons lewe

Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is (Romeine 8:16).

Die verrassing van hemelvaart is dat Jesus ons nooit werklik verlaat het nie.

Nee, as ons die getuienis van die dissipels kan glo, is Jesus selfs nou nader aan ons as tydens sy aardse omwandeling, leef en werk Hy deur sy Gees nou elke dag, elke oomblik ín ons.

Of ons dit kan waarneem of ervaar? Natuurlik kan ons!

Wanneer alles teen ons draai sodat ons begin twyfel … en ons nog steeds die spoor van vertroue in ons lewe ontdek – ‘n spoor wat ons laat roep na God – dan weet ons: die Gees werk in ons lewe. Want só skryf Paulus: die Gees is die een wat saam met ons gees getuig dat ons kinders van God is. Al is dit dikwels ook sugtend en klaend (Rom 8:16, 26).

Wanneer ons nog eens faal of oortree, die kosbare lewe wat God ons gun, verloën … en ons gewete ons genoeg pla sodat ons opstaan en besluit om ‘n nuwe begin te maak – dan weet ons: die Gees werk in ons lewe. Want dit is die Gees, so hoor ons Paulus bid, wat aan ons die krag gee om innerlik sterk te word (Efes 3:16).

Dit is geensins vreemd dat Jesus by sy hemelvaart oor sy dissipels geblaas het nie (Joh 20:22).

Want só het hy die Heilige Gees losgelaat oor hulle en oor ons lewe.

Heilige Gees, dankie dat U in ons werk. En dat ons dit vandag mag waarneem in ons gewetens wat pla, ook die onrus wat ons telkens na God dryf. Amen

Carel Anthonissen

BvV Logo

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed