Boodskap vir Vandag

Search

Die geheim van ‘n vrugbare lewe

Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie (Johannes 15:5).

In Johannes 15 herinner Jesus ons nie net aan die belang van ‘n vrugbare lewe nie, maar ook aan die dieper geheim daarvan.

Dit is dat ons lewe in Christus veranker sal wees.

Of soos Jesus dit self stel, dat ons soos lote aan ‘n wingerdstok sal bly in Hom wat die ware wingerdstok is (Joh 15:5). Sonder hierdie onsigbare, mistieke verbintenis aan Christus, is daar van ‘n vrugbare lewe weinig sprake.

Maar presies hoe gebeur dit? Hoe word ‘n mens ‘n loot wat in Christus geplant is?

Die geheim lê, aldus Johannes 15:9-17, daarin dat Christus, net soos met sy eerste dissipels, ons vandag nog uit liefde opsoek, roep en deel van sy vriendekring maak (Joh 15:9-17), van sy kudde, sy liggaam, Homself.

Deur sy Gees verseker Christus ons vandag steeds dat Hy ons ken; dat ons, in die woorde van die Heidelbergse Kategismus, met liggaam en siel aan Hom behoort. En dat Hy ons nooit sal verlaat of sal prysgee nie.

Ja, die Gees maak ‘n woning vir Christus in ons lewe. Die Gees omvorm ons selfs na Christus se beeld. Sodat ons oor tyd al meer soos Hy begin lyk en optree.

En só ‘n vrugbare lewe in en deur Hom begin lei.

Kom Heilige Gees, kom Skepper-Gees, laat Christus in ons lewe gestalte kry sodat ons voor U en ander goed en vrugbaar kan wees. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed