Boodskap vir Vandag

Search

Die gevaar van ‘n romantiese ideaal

Wat die mens het, is beter as wat hy begeer (Prediker 6:9).

‘n Gevaar wat gedurig dreig om ons vaster verhoudings, ook die huwelik, te ondergrawe, is wat James Hollis “die romantiese ideaal of mite” noem.

Dit is daardie droom of wens wat meeste mense heimlik koester, dat daar iewers iemand rondloop wat nommerpas vir jou is; iemand wat jou diepste behoeftes sal bevredig, jou felste eensaamheid sal besweer, jou nuwe selfvertroue sal gee en jou blywend sal versorg.

Daardie persoon is die sogenaamde droomvrou of fiere ridder wat jou van al jou ellendes en sorge sal kom red – die flonkerende ster wat altyd by jou sal wees om jou deur die nag te begelei.

Behalwe dat daar nie werklik sulke supermense of -sterre bestaan nie – dié droom is inderdaad ‘n mite – is die versugtinge van die verslaafde romantikus meesal ook super-selfsugtig. Dit hou nie rekening met die ander een se eie unieke persoonlikheid, voorkeur en geskiedenis nie. Dit is geneig om eie verborge drome, eensydige verlangens en onrealistiese verwagtings op die ander een te projekteer.

Meer konkreet gestel: Baie mans, gedryf deur die romantiese droom, soek ‘n vrou soos hulle ma of suster. Terwyl talle vroue in hulle mans ‘n ewebeeld van hulle sterk en effektiewe pa soek. En wanneer die maats nie inpas by hierdie droom of ideaal nie, hulle selfs teen so ‘n idealistiese keurslyf verset, kan dit die voorspel tot baie spanning en probleme in ons verhoudings en huwelike wees.

Die uitdaging is om, terwyl ons nie nalaat om te droom oor intieme en selfs romantiese oomblikke saam nie, dit só aan te pak dat hierdie droom nie die eie unieke kwaliteite waarmee jou lewensmaat jou kan lewe kan verryk, sal ondergrawe nie.

Dít vra dikwels die prysgawe, of ten minste die relativering, van die romantiese ideaal of mite.

Here, bewaar ons vandag daarvan om onrealistiese drome of verwagtings op ander oor te plaas. Hou ons nugter, tevrede met waar ons is en wat ons besit. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.