Boodskap vir Vandag

Search

Die gevaar van “quietisme”

“God het nie sy Seun na die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word” (Johannes 3:17).

In Markus 6:31-32 het ons gesien dat Jesus soms ook moeg geword het. Dan het Hy doelbewus uitgewyk na ʼn stil oord om daar te rus en tot sy Vader te bid.

Hierdie voorbeeld van Jesus het vandag belangriker as ooit geword, veral in die lig van die blinde haas waarmee ons almal leef.

Tog skuil daar ook gevare in die opsoek van stilte en rus. Dit gebeur wanneer hierdie soeke ʼn doel op sigself word en uitloop op passiwiteit en selfgenoegsaamheid – ʼn vorm van lewe waarin jy jou aan die lewe onttrek en nie meer verantwoordelik voel vir die lewe en toekoms van ander mense nie.

In die 17de eeu was daar ʼn vorm van mistisisme wat Christene presies hiertoe aangemoedig het. Deel van hierdie “quietisme”, soos dit bekendgestaan het, was die vroom ideaal om los van die wêreld te wees en een met God te word. Agter dié ideaal was weer die fatalistiese geloof dat dit beter is om dinge in die lewe te aanvaar soos dit is en nie daaraan te probeer verander nie.

Dit het destyds niemand verbaas dat hierdie quietisme mettertyd as ʼn dwaling begin beskou is nie. Want in navolging van Christus het gelowiges voortdurend bly glo dat die rus en stilte waartoe God ons oproep altyd die vertrekpunt en inspirasie tot kreatiewe optrede en daadwerklike verandering bied.

Hoe kan dit ook anders as ons Hóm volg wat die aardse lewe voluit omhels en sy lewe uit liefde vir die wêreld gegee het?

O Here, bewaar ons van ʼn selfgenoegsame rus waarin ons nie meer glo in of deelneem aan u liefdesgang in die wêreld nie. Amen.

Carel Anthoniseen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed