Boodskap vir Vandag

Search

Die globalisering van onverskilligheid

Die koninkryk van God is tog nie ʼn saak van kos en drank nie, maar van geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees (Romeine 14:17).

ʼn Ander groot uitdaging vir die nuwe jaar is natuurlik om ons goeie aarde met al sy ekologiese rykdomme en skatte met groter sorg en toewyding te help bewaar.

Kenners wys tereg daarop dat, bloot wat ons klimaat betref, 2017 skynbaar die warmste tydperk in ons planeet se geskiedenis was. En dit is nie fopnuus om mense te ontstel nie.

Dit is die reine, feitelike en ontstellende waarheid.

Hierdie verandering in ons klimaat het onder meer daartoe gelei dat ons vanjaar getuies van ʼn groot getal vernietigende siklone en oorstromings was – natuurrampe wat met reëlmaat die lewe van miljoene mense getref en ontwrig het. Hierdie patroon was boonop geen toevallige verskynsel nie. Dit hang direk saam met wat pous Francis onlangs genoem het “die globalisering van menslike onverskilligheid”.

As gelowiges bly dit ons taak om hierdie onverskilligheid teen te werk. En dit deur klein maar kragtige dade soos om eenvoudig, opreg en liefdevol te leef, minder kos en water te vermors, met meer geduld te bestuur, en so meer.

Wie dit doen, dien ʼn ander koninkryk as hulle eie.

Gees van God, bewaar ons vandag van die onverskilligheid wat die aarde en ander mense se lewe kan vernietig. Leer ons opnuut die waardes van God se koninkryk. Amen.

Carel Anthonissen

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed