Boodskap vir Vandag

Search

Die groot embleem van ons lewe

Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees (2 Kor 12:9).

Wanneer sal ons as Christene ooit die unieke mag van Christus, ons koning, ordentlik peil — en belangriker nog, daaruit gaan lewe?

Dit is naamlik die mag van ‘n koning wat nie op ‘n weelderige troon gesit het nie, maar vanaf ‘n ruwe houtkruis regeer.

Wat beteken dat sy mag nié die mag van opportunistiese politici of gewelddadige militêres is nie. Inteendeel, dit is die mag van weerlose liefde, van iemand wat bereid was om sy lewe vir ander op te offer. En wat só, deur offervaardige liefde en diens, mense regtig vrygemaak het. Vry van selfsug en gierigheid, van ongeduld en venyn, haat en geweld, vergelding en weerwraak.

Ja, vry van daardie oerdrif om jouself altyd te wil handhaaf en te laat geld, altyd beter te wil weet, altyd die laaste woord te wil spreek.

O, wanneer sal ons leer dat ‘n lewe wat nog aan hierdie soort magsoeke en ambisie verknog is, inderwaarheid brandarm is! Dikwels ook die voorspel tot ondergang en selfvernietiging.

O, wanneer sal ons leer dat dit saliger is om te gee as om te ontvang, om prys te gee in plaas van om gedurig te wil wen en bo uit te kom!

O, wanneer sal ons soos Paulus ontdek dat Christus se krag juis tot volle werking kom wanneer ons op dié manier swak en weerloos is (2 Kor 12:9)!

Sodat dít, hiérdie swakheid, ons roem en trots, ja, die groot embleem van ons lewe kan wees.

Here, onse Here, leer ons vandag weer die krag van weerlose liefde. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed