Boodskap vir Vandag

Search

Die groot embleem van ons lewe

Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees (2 Kor 12:9).

Wanneer sal ons as Christene ooit die unieke mag van Christus, ons koning, ordentlik peil — en belangriker nog, daaruit gaan lewe?

Dit is naamlik die mag van ‘n koning wat nie op ‘n weelderige troon gesit het nie, maar vanaf ‘n ruwe houtkruis regeer.

Wat beteken dat sy mag nié die mag van opportunistiese politici of gewelddadige militêres is nie. Inteendeel, dit is die mag van weerlose liefde, van iemand wat bereid was om sy lewe vir ander op te offer. En wat só, deur offervaardige liefde en diens, mense regtig vrygemaak het. Vry van selfsug en gierigheid, van ongeduld en venyn, haat en geweld, vergelding en weerwraak.

Ja, vry van daardie oerdrif om jouself altyd te wil handhaaf en te laat geld, altyd beter te wil weet, altyd die laaste woord te wil spreek.

O, wanneer sal ons leer dat ‘n lewe wat nog aan hierdie soort magsoeke en ambisie verknog is, inderwaarheid brandarm is! Dikwels ook die voorspel tot ondergang en selfvernietiging.

O, wanneer sal ons leer dat dit saliger is om te gee as om te ontvang, om prys te gee in plaas van om gedurig te wil wen en bo uit te kom!

O, wanneer sal ons soos Paulus ontdek dat Christus se krag juis tot volle werking kom wanneer ons op dié manier swak en weerloos is (2 Kor 12:9)!

Sodat dít, hiérdie swakheid, ons roem en trots, ja, die groot embleem van ons lewe kan wees.

Here, onse Here, leer ons vandag weer die krag van weerlose liefde. Amen

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed