Boodskap vir Vandag

Search

Die Groot Misterie

“Ek het oor dinge gepraat wat ek nie begryp het nie: u wonderdade was te groot vir my, ek het dit nie verstaan nie” – Job 42:3b

Ann Voskamp vertel in haar boek One thousand gifts van die uitwerking wat haar vierjarige sussie se dood op haar lewe gehad het. Haar geloof in God se liefde en sorg was verpletter.

Sy skryf: “Losses do that. One life-loss can effect the whole of a life. Our sight becomes peppered with black voids. Now everywhere we look, we only see all that isn’t: holes, lack, deficiency.”

Soos Job, het Voskamp God se almag bevraagteken. Toe herinner iemand haar aan koning Hiskia se pleitgebed om langer te lewe, en sy kry nuwe perspektief. God het nog 15 jaar by Hiskia se lewe gevoeg. In daardie tyd is sy seun Manasse gebore, een van die mees goddelose konings wat Israel ooit gehad het.

Haar lewe lank het Voskamp gedink dat sy haar eie storie anders sou geskryf het. Vir die eerste keer het sy nou besef dat sy nie die hele prentjie van haar lewe ken nie. God is die onverklaarbare, die Groot Misterie. Slegs Hy weet hoe alles inmekaarpas en wat die groot doel agter elke lewensgebeurtenis is.

Paulus se aangrypende woorde in Romeine 11:33-36 is ook ons hartsgebed:

O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë! “Wie ken die bedoeling van die Here? Wie gee Hom raad? Wie bewys Hom ’n guns, sodat Hy verplig is om iets terug te doen?” Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid! Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed