Boodskap vir Vandag

Search

Die groot verandering

Hy sê toe vir hom: “Laat my lammers wei” (Johannes 21:15).

Wat het by Petrus verander toe hy op ‘n dag die troue liefde van Jesus, die versekering van Jesus se onafgebroke vriendskap en vergifnis opnuut ontvang het?

En ja, wat sal met óns gebeur as ons vandag, net soos Petrus, positief op Jesus se liefde sou antwoord, al is dit dan met dieselfde huiwering as Petrus?

Die grootste ding wat met Petrus gebeur het, was dat hy opnuut in homself kon begin glo, kon glo dat hy, ondanks sy kroniese swakhede en impulsiewe flaters, volledig deur God aanvaar en bemin was.

En dat niks hom voortaan kon skei van God se liefde wat hom in Christus aangeraak en gevange geneem het nie.

Wie dít eenmaal ontdek het, begin met ‘n ongewone, byna kinderlike geloof en gelatenheid te leef. Om die waarheid te sê: So ‘n persoon se lewe kry ‘n nuwe bestemming, ‘n grootse roeping. Soos met Petrus, begin hy op die voetspoor van Jesus vir sy kudde, vir sy lammers, te sorg.

Wat beteken: Voortaan is dit wat jou ter harte gaan nie langer die soeke na eie belang of aardse skatte nie, maar die welsyn van ander.

Ag Here, soos Petrus kan ek vandag alleen maar bid: “Here, U weet alles. U weet dat ek U liefhet.” Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.