Boodskap vir Vandag

Search

Die heilige waarheid

Hy het my mond aangeraak met die kool en gesê: “Nou dat die gloeiende kool jou lippe aangeraak het, is jou oortredinge vergewe, jou sonde versoen” (Jesaja 6:7).

Dit klink tog ongelooflik, selfs onmoontlik, dat daar ‘n God bestaan wat elkeen van ons ken en kan roep.

Wie al hoog vanuit ‘n vliegtuig afgekyk en gesien het hoe klein en onbenullig ons as mense daar ver onder woel en werskaf, sal weet. En tog is dit presies waarvan Jesaja 6:1-8, vertel.

In dié gedeelte hoor ons aanvanklik van ‘n onoorbrugbare kloof tussen God en mens. Voor die heilige God is die mens, in die gestalte van Jesaja, inderdaad klein en nietig. Té klein en ook hopeloos té onwaardig om God te ontmoet.

Of om sonder skaamte of skuld voor God regop te staan.

Totdat die onmoontlike gebeur. Wanneer die grote God afbuk om Jesaja aan te raak, hom te reinig en tot sy diens te roep.

Ongelooflik! En tog is dít die heilige waarheid waarvan die Bybel oor en oor getuig: Dat God ons elkeen persoonlik ken. Daagliks met ons wil moeite maak. En dat ons lewe daarom ‘n doel en ‘n rigting het of kan kry.

Die vraag bly: Weet jy dit? En kan jy as moderne mens dit hoegenaamd glo?

Jesaja kon, kan jy?

Dat U, Here, ons ken en wil gebruik, bly ‘n onpeilbare misterie – een waarvoor ons alleen in dankbare verwondering kan buig. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed