Boodskap vir Vandag

Search

Die helende krag van die liefde

Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur … (1 Johannes 4:9)

Onlangs is die skryfster, Patricia Schonstein, se derde bloemlesing met gedigte oor Afrika gepubliseer.

Dit handel oor die verskillende gestaltes of aspekte van die liefde en heet “Heart of Africa!”

By die bekendstelling van die boek vertel sy interessant oor die ontstaan van hierdie besonderse bundel. Hoe sy ná haar vorige bundel oor oorlog en geweld in Afrika gevoel het om nou te fokus op gedigte wat mensliker en sagter is – soos die liefde.

En tog, so vertel sy, moes sy met die insameling van die eerste gedigte iets ontdek wat sy eintlik reeds geweet het: Die liefde kan ook donker wees, vol teleurstelling, verraad, ontnugtering, spyt en seer.

Gelukkig was dit nie ál wat sy van die liefde gesien of geleer het nie. Want terwyl talle gedigte donker was, was daar ook baie ander wat die tere en helende krag van die liefde belig het. Trouens, dit het geblyk dat die unieke taaiheid en krag van die liefde juis in gebrokenheid, lyding en seer gebore word.

By die lees van haar bloemlesing, kon ek nie anders nie as om te dink aan die lyding van Christus. Want dáár, soos min ander plekke, sien ons die helende en oorwinnende krag van die liefde.

Here, dankie vandag weer vir u liefde, ‘n liefde wat nie gehuiwer het om vir ons te ly nie. Help ons vandag ook daaruit lewe. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed