Boodskap vir Vandag

Search

Die Here het hom verlaat

Saul het bang geword vir Dawid omdat die Here by hom was, maar die Here het vir Saul verlaat (1 Samuel 18:12).

Saul moet beslis deurgaan as een van die mees tragiese figure in die Bybel.

Wat sy geval so hartseer maak, is dat hy as eerste koning van Israel nie alleen charismaties en talentvol was nie. Hy het ook belowend weggespring met die profeet Samuel se ondersteuning en die Gees van die Here bý hom (1 Sam 10:6-7).

Maar dan – en hiervan lees ons vanaf 1 Samuel 13vv – begin sy lewe uitrafel en sy koninkryk wankel. Hoor ons van sy geheime vrese en wantroue teenoor Dawid (1 Sam 18:12,15). Van sy onstabiele persoonlikheid wat hom by geleentheid tot waansin dryf (1 Sam 18:10). Hom ook onvoorspelbaar, onbetroubaar en wraaksugtig maak (1 Sam 19).

Uiteindelik eindig sy lewe in skande, wanneer hy voor die Filistyne – sy heidense aardsvyande – swig en sterf (1 Sam 31). Ja, erger nog: Wanneer daar van hom, byna soos op ‘n grafsteen, geskrywe staan: “Die Here het hom verlaat” (1 Sam 18:12).

Hoe verskriklik is dit nie! En tog is dit die lot van leiers wat, soos Saul, hulle eie kop volg, maak soos húlle wil en hulle nie langer aan God steur nie.

O Here, help ons vandag dat ons lewe nie ‘n teleurstelling voor U en ander se oë sal wees nie. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.