Boodskap vir Vandag

Search

Die koninkryk van God het naby gekom

Hy het gesê: “Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom” (Markus 1:15).

Volgens Markus begin Jesus sy openbare bediening met die dramatiese aankondiging dat die koninkryk van God nou naby gekom het.

Maar wat beteken dit dat die koninkryk van God naby is, selfs ónder ons?

Allereers dat daar in die antieke en patriargale kultuur van destyds, ‘n nuwe orde, ja, ‘n nuwe vorm van lewe en bestaan aangebreek het – een wat in Jesus se lewe sigbaar geword het, in sy unieke aanslag, styl en optrede.

Anders as die benepe, magbeluste en onderdrukkende leiers of konings van destyds, het Jesus liefde en geduld, geregtigheid en vrede, gelykheid en verdraagsaamheid verkondig en uitgestraal.

Jesus se aankondiging dat met sy koms God se koninkryk aangebreek het, herinner ons daaraan dat in ‘n wêreld van onreg en terreur, van bedrog en grypsug, moord en uitbuiting, dit tog ánders kan – mensliker, vryer, oper, regverdiger, verdraagsamer, liefdevoller, hoopvoller en goddeliker.

Want Hý het dit voorgeleef. Méér nog: Hy het dit onder ons gebring en moontlik gemaak.

Selfs al vergeet of ondermyn sommige mense hierdie goeie deugde, ná Jesus se koms kan niemand kan dit meer wegneem of ongedaan maak nie.

Jy kan alleen daaruit gaan leef en só wys dat jy God se koninkryk eer.

Here, help my vandag om soos Jesus u koninkryk te dien. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed