Boodskap vir Vandag

Search

Die koste van te lewe

Moenie hooghartig wees nie, maar skaar julle by die nederiges (Romeine 12:16).

Onlangs vind ek ‘n papiertjie wat ‘n vriend ‘n tyd gelede in my hand gedruk het.

Dit is ‘n aanhaling uit ‘n boek van die bekende Indiese skryfster, Arundhati Roy, genaamd “The Cost of Living”. Roy het op ‘n jeugdige ouderdom die gesogte Booker-prys verwerf met haar hartroerende boek: “A God of small things”.

“The Cost of Living” bestaan uit twee tydskrifartikels waarin sy groot magsinstansies, met name haar eie regering, aanvat oor die manier waarop hulle deur hulle beleide en optredes die belange van die gewone burgery ignoreer en ondergrawe.

Haar uitgesproke aktivisme, het haar ‘n omstrede figuur in haar eie land gemaak.

Op ‘n positiewe noot handel die boek oor die kuns en die koste van te lewe. Dit wys heen na dit wat die lewe ons daagliks aanbied en óók van ons vra.

Die aanhaling daaruit is ontroerend mooi en uitdagend. Dit lui só:

“Om te bemin. Om bemin te word. Om nooit jou eie beperkinge en nederige posisie te vergeet nie. Om nooit gewoond te raak aan die onuitspreeklike geweld en die vulgêre ongelykhede van die lewe rondom ons nie.

“Om blydskap in die hartseerste plekke te gaan soek. Om skoonheid na te jaag waar dit skuil. Om nie dit wat kompleks is, te oorvereenvoudig nie. Of dit wat eenvoudig is, te kompliseer nie. Om ware krag, maar nooit brutale mag nie, te respekteer. Bo alles, om opmerksaam te wees. Om altyd te probeer verstaan. Om nooit weg te kyk nie.

“En om nooit, nóóit te vergeet nie.”

Haar pleidooi vir egte lewe bevat duidelike ondertone van die Christelike boodskap – die boodskap van liefde, respek, nederigheid en protes teen onreg. Dit is waardes waarna ons samelewing vandag meer as ooit smag.

Arundhati Roy ken die koste en opofferinge van so ‘n lewe, onder andere omdat sy self in die Christelike tradisie groot geword het.

O Here, help ons vandag om nie hooghartig te wees nie, maar soos al u getroue volgelinge ons by die eenvoudiges te skaar. Amen

Carel Anthonissen

Boodskap vir Vandag word finansieel moontlik gemaak deur die goedgunstige donateurs van Bybel-Media wat daarin glo dat die Woord van die Here deur verskillende mediums versprei moet word. Dit bereik daagliks reeds meer as 8 600 lesers.

As jy dalk Bybel-Media of die Sentrum vir Christelike Spiritualiteit (wat die boodskappe se inhoud verskaf) wil ondersteun, besoek die Bybel-Media webblad  of die Sentrum vir Christelike Spiritualiteit webblad.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed