Boodskap vir Vandag

Search

Die las van halfslagtigheid

God laat die mens sy deel ontvang en sy werk met vreugde doen (Prediker 5:18).

Baie mense sukkel om besluite te neem en sake af te handel.

Die redes hiervoor is velerlei.

Dikwels hang dit saam met slegte ervarings wat die selfvertroue skend. Wat jou huiwerig kan maak om take aan te pak en deur te voer. Trouens, ʼn ongesonde patroon van uitstel en afstel word dan maklik gevestig.

En voor jy jou kom kry, slaan die neerslagtigheid toe. Jou lewe word ʼn onvrugbare en halfslagtige getjommel.

Ons moet oppas dat ons nie mense wat hiermee sukkel te hard oordeel nie. Daar is geen waarborg dat dit ons nie ook sal tref nie. Party mense se persoonlikheid neig in dié rigting. Vir ander is hulle omstandighede die blok aan die been. En dié omstandighede is vloeibaar. Dit kan môre verander.

Hoe om dié las te verlig?

Laat ons maar eerlik wees: waar die patroon van halfslagtigheid vasgelê en die selfvertroue min is, is dit nie so maklik nie. Waarskynlik bly die wagwoord – veral wanneer jy ʼn gelowige is wat op ʼn hoër doel vir jou lewe vertrou – gewoon geduld en nogmaals geduld! En daarmee saam die moed om te begin, al is dit met klein treë. Laastens natuurlik ook die vrymoedigheid om die hulp en raad van ander te vra.

God se hulp verskyn dikwels presies daar waar ons gewillig is om hulp te soek.

Here, vergewe ons ons halfslagtigheid, nie alleen in ons werk nie, maar veral in ons diens aan U. Gee ons vandag meer geduld en die moed om te begin. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.