Boodskap vir Vandag

Search

Die lewe van ‘n pelgrim

“… ons het in hierdie wêreld geen vaste verblyfplek nie, ons is op soek na die toekomstige” (Hebreërs 13:14).

Om ter wille van die behoud van ons kosbare aarde op te staan teen boosheid en onreg, vra onder meer dat ons op aarde pelgrims sal wees.

Mense wat doelbewus kies vir ‘n ander styl van lewe – een van groter refleksie, groeiende sensitiwiteit en meer sorg.

Oor wat die lewe van ‘n pelgrim in dié verband behels, skryf die skrywer, Patricia Schonstein, aangrypend:

“How we travel our life’s journey is largely up to us. We can live in the shallows, if we want to. We can live without ever seeking meaning. We can live as consumers of things that have no intrinsic value.

“But we can also live with depth, electing wisdom. And, if we so choose, we can make of our lives a pilgrimage.

“The pilgrim soon learns that it’s essential to discard the heavy baggage of the small ego – its bad attitude, its weaponry, its greed, its selfishness and its potential for malice. The pilgrim learns to live in the now; to absorb the beauty of creation; to listen to the music of life; to recognise the Divine within the everyday.

“The pilgrim chooses to walk with an attitude of benevolence toward all living things.”

Is dit nodig om méér te sê?

O Here, leer ons vandag opnuut om soos pelgrims te leef. Gee tog groter diepte en sensitiwiteit aan ons lewe. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed