Boodskap vir Vandag

Search

Die liefde maak ons weerbaar teen alles

En mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense laat groei en oorvloedig maak, net soos ons liefde vir julle. So sal Hy julle innerlik sterk maak … (1 Tessalonisense 3:12).

Wanneer ‘n samelewing onder druk kom, hetsy as gevolg van terreur, korrupsie of slegte bestuur, is daar allerlei dinge wat begin uitrafel.

Die slegste hiervan is waarskynlik die respek vir ou, beproefde waardes.

Veral wanneer die ekonomie versleg en mense in ‘n oorlewingstryd gewikkel raak, skop die selfsug en gierigheid dikwels met geweld in. Mense begin dan nét vir hulleself sorg, en vergeet van ander. Of buit hulle nog meedoënloser uit.

Kortweg: Wat in die slag bly, is die liefde en respek vir ander.

Dit was met die oog op so ‘n onsekere toekoms, asook die wrange vrugte van selfsug en liefdeloosheid wat dit mag voortbring, dat die skrywer van 1 Tessalonisense sy diep verlange teenoor sy gehoor verklaar.

Luister net hoe mooi sê hy dit: “En mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense laat groei en oorvloedig maak, net soos ons liefde vir julle (1 Tessalonisense 3:12).

Want sien, die liefde hou nie net ‘n samelewing gesond nie – dit maak ons weerbaar teen alles (1 Tessalonisense 3:13).

O Here, gee ons vandag meer liefde. Maak ons innerlik sterk sodat ons weerbaar kan wees teen dit wat ons vandag bedreig. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed