Boodskap vir Vandag

Search

Die liefdesbriewe van God

Toe het die Here vir Moses gesê: “Trek nou hiervandaan weg…” (Eksodus 33:1).

‘n Ruk gelede ontvang ek ‘n uitnodiging vir ‘n toer na Namakwaland.

Die toer is beslis anders as die gewone – dit word as ‘n pelgrimstog aangebied, ‘n geestelike reis. Een waarin jy die natuur én die goddelike nuut kan leer waardeer. Nog beter gestel: Waar jy die goddelike ín die natuur kan ontdek en beter leer ken.

Treffend stel die uitnodiging dit: “Op die toer wil ons die vriendelikheid van die natuur kombineer met die vriendelikheid van God.” ‘n Pragtige aanhaling lig dié gedagte toe: “Nature, ‘full of the love letters of God to us’ (Ernesto Cardinal) wants to tell us of God’s friendship towards us.”

Hierna sluit die uitnodiging af: “Gedurende hierdie toer van ses dae wil ons jou saamneem om te lees, te luister en om God se liefdesbriewe aan jou in die alleenheid, stilte, eenvoud en stadige tempo van die reis te verneem. God se liefde wat sigbaar is in die ongelooflike helderte van sterre in die aand, die kleur en geure van blomme, insekte en voëls. Asook die groot verskeidenheid van berge en oop vlaktes.”

Dié reis is nie denkbeeldig nie. Dit bestaan. Dit kom in Augustus en September. Dit pas boonop in by ons huidige nadenke oor die wonder van God se skepping en ons verantwoordelikheid daarin.

As jy ses dae lank op dié manier ‘n pelgrim wil word – skryf net ’n e-pos terug vir nog besonderhede.

Here, dankie dat U ons deur die wonder van u skepping ontmoet en wil bevriend. Maak ons vandag oop en bereid daarvoor. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed